Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Amla langs pa se siekbed, Reeza herroep

Die veteraan-kolwer Hashim Amla sal nie meer in die Proteas se laaste twee eendagwedstryde teen Sri Lanka speel nie.

Hashim Amla / Foto: Gallo Images

Amla het volgens die span se spandokter en bestuurder, dr. Mohammed Moosajee, toestemming gekry om spesiale verlof te neem.

Die 35-jarige speler se pa is “kritiek siek” en Amla wou eerder by hom en sy familie in dié moeilike tyd wees.

“Met Hash wat onttrek het, het die keurders besluit om Reeza Hendricks weer op te roep,” sê Moosajee.

“Reeza het hom reeds gisteraand (Maandagaand) by die span aangesluit.

“Dit was altyd die plan dat Hash en Reeza in die reeks teen Sri Lanka geroteer sou word.”

Moosajee sê ook dat nog ’n veteraan, die veelsydige JP Duminy, slaggereed is om weer sy slag op internasionale vlak te wys.

“JP het goed herstel van sy skouer-operasie en het intussen ’n paar wedstryde gespeel en goed daar deur gekom,” sê Moosajee.

Duminy, wat volgende maand 35 jaar oud word, het drie wedstryde vir die Cape Cobras gespeel.

In sy eerste wedstryd op 1 Maart teen die Titans het hy 0 gekry en daarna het hy teen die Lions 61 en teen die Dolphins 74* aangeteken.

Meer oor:  Hashim Amla  |  Wêreldbekerkrieket  |  Eendagkrieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.