Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Hashim Amla speel wel vir Cobras

Hashim Amla is terug in die Cape Cobras se groep om broodnodige voorbereidings vir volgende maand se Wêreldbeker-kriekettoernooi te doen.

Hashim Amla. Foto: Gallo Images

Die ervare aanvangskolwer was nie Maandag deel van die Cobras se groep vir ’n T20-Uitdaagwedstryd teen die Knights in Bloemfontein nie omdat hy sy siek pa in Durban bygestaan het.

Amla het verlede maand die Proteas se eendagreeks teen Sri Lanka misgeloop om by sy pa te wees. Hy het egter in die meeste van die Cobras se wedstryde tot dusver in die T20-Uitdaagreeks gespeel.

Sy pa is terug in die waakeenheid in ’n Durbanse hospitaal.

Amla gaan hom egter in die Paarl by die span vir Woensdag se wedstryd teen die Titans aansluit.

Die Kapenaars is saam met die Lions die voorlopers in die reeks.

Cobras se groep is: Rory Kleinveldt (k), Ferisco Adams, Hashim Amla, David Bedingham, Tladi Bokako, George Linde, Janneman Malan, Aviwe Mgijima, Akhona Mnyaka, Dane Paterson, Vernon Philander, Nkululeko Serame, Jason Smith, Kyle Verreynne. 

Meer oor:  Hashim Amla  |  Wêreldbekerkrieket  |  Cape Cobras  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.