Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Amla staan vas met 3 lopies van 100 balle

Hashim Amla het Woensdag in Southampton met ’n hardnekkige kolfbeurt op die vierde en laaste dag vir Surrey ’n onbesliste uitslag teen Hampshire afgedwing.

Hashim Amla Foto: Getty Images

Die voormalige Protea-kolwer het vasgeskop met ’n onoorwonne 37 lopies van 278 aflewerings in die besoekers se opvolgbeurt, waarin agt paaltjies toe gekantel het.

Amla het vroeër ná 100 aflewerings na hom net drie lopies gehad.

Hy het met die teepouse tot op 26 lopies van 172 balle gevorder, wat ook steeds naby aan sy telling ná 200 balle na hom was.

Surrey het die laaste dag op 6/2 begin, met Amla wat in die eerste boulbeurt sy eerste aflewering trotseer het.

Die besoekers het in hul twee kolfbeurte 72 en 122/8 aangeteken, in antwoord op die 488 van Hampshire. – Sportredaksie, espncricinfo.com

Meer oor:  Hashim Amla  |  Surrey  |  Hampshire  |  Graafskapkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.