Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Anderson brand om weer toetse te speel
Die snelbouler James Anderson. Foto: Getty Images

Die naatbouler James Anderson sê hy is honger om weer vir Engeland te speel en gaan nie dat Covid-19 ’n stokkie voor sy internasionale krieketloopbaan steek nie.

Die Engelsman is toetskrieket se voorste paaltjievraat met 584 slagoffers op sy kerfstok. Hy was in Januarie laas in aksie, toe hy ’n ribbesering in ’n toets teen Suid-Afrika opgedoen het.

Engeland se kort toer na Sri Lanka is vroeër vandeesmaand weens die Covid-19-pandemie uitgestel. Die eerste toets van die somerreeks, teen die Wes-Indiese Eilande op 4 Junie, gaan waarskynlik ook in die slag bly.

Die honger om te speel is steeds daar. Ek het steeds dieselfde ambisie om Engeland te verteenwoordig.
James Anderson

“Die honger om te speel is steeds daar. Ek het steeds dieselfde ambisie om Engeland te verteenwoordig,” het die 37-jarige Anderson Donderdag aan verslaggewers gesê.

“Dit sal my aanspoor om tuis te bly oefen sodat ek fiks is wanneer ons eendag weer spel kan hervat. Dit maak nie saak of dit dié somer of in die winter is nie, my plan is om weer toetskrieket te speel.”

Engeland toer in Januarie na Indië vir ’n reeks van vyf toetse.

Die Krieketraad van Engeland en Wallis het intussen gesê hy werk aan ’n “reeks opsies” om krieket voort te sit, met plaaslike witbalkrieket wat as ’n prioriteit beskou word.

Anderson sê hy is bereid om in die The Hundred-kitskrieketreeks en die plaaslike T20 Vitality Blast te speel as dit die enigste manier is om hom fiks te hou en vir toetskrieket gereed te kry.

“Ek speel eerder krieket in enige formaat as om geen krieket te speel nie. Maar ons sal daarby kom wanneer die tyd reg is.” Sportredaksie, Reuters

Meer oor:  James Anderson  |  Engeland  |  Covid-19  |  Toetskrieket  |  Snelbouler  |  Koronavirus  |  Krieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.