Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Anderson hou nuwe snelboulrekord
James Anderson vier sy 564ste paaltjie in toetskrieket – ’n nuwe rekord vir ’n snelbouler – nadat hy Indië se Mohammed Shami uitgeboul het. Foto: Getty Images

Engeland se James Anderson is die nuwe houer van die rekord van die meeste toetspaaltjies deur ’n snelbouler nadat hy Dinsdag Indië se Mohammed Shami uitgeboul het op dag 5 van die vyfde toets in die Oval, in Londen.

Met die val van Shami se paaltjie het Indië ook ’n manmoedige stryd om oorlewing verloor. Lokesh Rahul (149) en Rishabh Pant (114) het wal gegooi, maar met die res van Indië se kolwers het dit beroerd gegaan en hulle is in hul tweede beurt vir 345 uitgeboul. Engeland het met 118 lopies gewen nadat hy vir Indië vroeër ’n teiken van 464 gestel het.

Shami was Anderson se 564ste paaltjie, wat beteken het dat die Engelse naatbouler die Australiër Glenn McGrath verbygesteek het.

Die skare het vir Anderson ’n staande toejuiging gegee nadat hy Shami se middelpen ontwortel het.

Anderson (36) is vierde op die lys van boulers wat die meeste paaltjies in die geskiedenis geneem het. Die draaibalboulers Muttiah Muralitharan (800), Shane Warne (708) en Anil Kumble (619) is nog ver voor hom. – Reuters

Meer oor:  James Anderson  |  Toetskrieket  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.