Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Anrich straks nie in T20-reeks te sien
Anrich NortjéFoto: Gallo Images

Die beseerde Protea-snelbouler Anrich Nortjé hou streng by Krieket Suid-Afrika se herstelprogram en sal sy skouerbesering waarskynlik nie in die plaaslike T20-Uitdaagreeks beproef nie.

Dié blits het ’n skouerbesering in die Proteas se laaste eendagwedstryd teen Sri Lanka opgedoen.

Hy is egter hoopvol dat sy naam as een van Suid-Afrika se uitverkorenes vir die Wêreldbeker-toernooi uitgelees sal word.

Nortjé (25) moes hom weens die skouerbesering gevolglik hom ook aan die Indiese Premierliga onttrek.

Nortjé (25) moes hom weens die skouerbesering gevolglik hom ook aan die Indiese Premierliga onttrek.

Die Kolkata Knight Riders het volgens kkr.in aangekondig dat die onbekende Aussie-snelbouler Matt Kelly hom in hul groep sal vervang.

Die 24-jarige Kelly het nog nie internasionale krieket gespeel nie. Hy het nog net 16 eersterangse wedstryde, vyf eendagstryde en 12 T20-wedstryd gespeel en gaan sy IPL-buiging maak. Hy het vir die Perth Scorchers in the Big Bash-liga gespeel.

KKR moes die twee jong snelboulers Shivam Mavi en Kamlesh Nagarkoti ook weens beserings met KC Cariappa en Sandeep Warrier vervang.

Meer oor:  Anrich Nortjé  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Ksa  |  Snelbouler  |  Proteas  |  Wereldbeker  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.