Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Archer mik opslagbal na rassis
Die Engeland-snelbouler Jofra Archer. Foto: Getty Images

Die Engelse blitsbouler Jofra Archer het ’n rassistiese boodskap wat op sosiale media op hom gemik is, gedeel met sy aanhangers en ’n beroep gedoen op krieket-owerhede om in te gryp.

Die 24-jarige blits, wat in Barbados gebore is, het die boodskap op sy Instagram-profiel ontvang.

“Ek het lank gedink of ek moet reageer. Maar ek kan nie stilbly nie. Ek sidder om te dink hoeveel ander mense daagliks sulke persoonlike aanvalle moet hanteer.

“Dis onaanvaarbaar en moet behoorlik (deur krieket-owerhede) ondersoek word,” het Archer op sy profiel geskryf.

Die blits was verlede jaar een van die sterre in Engeland se oorwinning in die Wêreldbekertoernooi.

“Ek sal nooit kan verstaan hoe iemand sulke dinge oor sy medemens kan kwytraak nie. Dit verstom my,” het hy bygevoeg.

Krieket Nieu-Seeland het vroeër vanjaar ’n toeskouer vir twee jaar uit alle plaaslike en internasionale wedstryde verban nadat hy erken het dat hy in November, gedurende die tweede toets tussen die twee lande, rassistiese aanmerkings teenoor Archer gemaak het.

Die bouler is sedert Januarie op die krukkelys weens ’n elmboogbesering.

– Sportredaksie, stuff.co.nz

Meer oor:  T20  |  Toetskrieket  |  Eendagkrieket  |  Rassisme  |  Jofra Archer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.