Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Archer sê hy is rassisties beledig

Die Engelse snelbouler Jofra Archer sê hy het onder rassebeledigings van ’n toeskouer deurgeloop in die afgelope kriekettoets tussen Engeland en Nieu-Seeland.

Archer (24) het dié aantyging Maandag gemaak nadat die Swartpette die Engelse met ’n beurt en 65 lopies in die eerste toets in die reeks van twee in Mount Maunganui afgeransel het.

Engeland se Jofra Archer in aksie op die vyfde dag van die eerste toets teen Nieu-Seeland. Foto: Getty Images

Dié boorling van Bridgetown, Barbados, wat vroeër in sy loopbaan die Wes-Indiese Eilande se o.19-span verteenwoordig het, sê dit het plaasgevind toe hy gekolf het. Hy het 30 lopies in ’n vennootskap van 59 lopies saam met Sam Curran om die negende paaltjie in die besoekers se tweede kolfbeurt aangeteken.

“Dit was ’n bietjie ontstellend om rassistiese beledigings te hoor terwyl ek gekolf het om my span te probeer red. Met die uitsondering van daardie een voorval, was die toeskouers ongelooflik die week,” het Archer op Twitter gesê.

Protokol van die Internasionale Krieketraad vereis dat die wedstrydskeidsregter, Javagal Srinath van Indië, die voorval in sy wedstrydverslag aan die beheerliggaam moet uitwys.

Die Engelse en Walliese Krieketraad sê dat die beweerde voorval plaasgevind het toe Archer sy paaltjie verloor het en van die veld gestap het.

Volgens Nieu-Seeland Krieket (NZC) kon sekerheidsbeamptes nie die beweerde oortreder vastrek nie en sal die raad vir Archer om verskoning vra.

“NZC sal kringtelevisie-beeldmateriaal bestudeer en sal môre (Dinsdag) verdere pogings aanwend om die skuldige persoon te probeer identifiseer.

“NZC het geen toleransie vir beledigende of aanstootlike taalgebruik by enige van sy stadions nie en sal enige verwikkelinge aan die polisie deurgee.

“Ons sal meneer Archer môre kontak om verskoning te vra vir die onaanvaarbare gedrag en om te belowe dat daar verskerpte waaksaamheid vir die tweede toets sal wees.”

* Die tweede toets begin Vrydag in Hamilton.

– Reuters


Meer oor:  Rassisme  |  Jofra Archer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.