Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Engelsman Archer verloor WB-medalje

Jofra Archer, Engeland se boulheld in die 2019 Wêreldbeker (WB)-toernooi, het sy WB-wennersmedalje verloor.

Jofra Archer ná die eindstryd van die WB-toernooi. Hy het sy wennersmedalje verloor! Foto: Getty Images

Archer (25), wat die superboulbeurt in die eindstryd teen Nieu-Seeland geboul het, het op BBC Radio 5 Live gesê die medalje is steeds soek nadat dit weggeraak het terwyl hy onlangs getrek het.

“Dit het aan ’n portret gehang wat iemand vir my gestuur het. Ek het van woonstel geskuif en die portret is aan die nuwe muur, maar daar is geen medalje nie. Ek het die huis omgekeer vir omtrent ’n week lank, maar ek kon dit nie kry nie,” sê Archer volgens The Guardian.

“Ek weet dit behoort in die huis te wees, so ek sal my oë daarvoor oophou, maar ek het mal geraak deur daarvoor te soek.”

Archer het baie van sy tyd tydens Engeland se koronavirus-inperking daaraan bestee om vir die medalje te soek.

“Daar is niks anders om tydens die inperking te doen nie.”

Meer oor:  Koronavirus  |  Jofra Archer  |  Engeland  |  Wb-Toernooi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.