Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Arendse dalk terug in SA krieket

Advokaat Norman Arendse, voormalige president van Krieket Suid-Afrika (KSA), kan ’n terugkeer tot die raadsale van dié beheerliggaam maak.

Adv. Norman Arendse kan dalk ’n terugkeer maak in Krieket Suid-Afrika se raadsale. Foto: Gallo Images

Die benoemings vir vakatures op KSA se raad – president, drie onafhanklike direkteure en twee nie-onafhanklike direkteure – het Woensdag gesluit.

Arendse is na verneem word vir president én onafhanklike direkteur benoem.

Die unies van die Oostelike Provinsie, bygestaan deur Grens en die Westelike Provinsie, het hom glo vir die twee poste onderskeidelik benoem.

Daar kan voor die jaarvergadering op 5 September dalk nog koppe gestamp word oor wie wel as president benoem mag word en of slegs huidige uniepresidente hiervoor kwalifiseer.

Vroeër die week was daar ’n aksie om Zola Thamae benoem te kry, wat tot verlede maand nog Vrystaat se president was. Sy het destyds geskiedenis gemaak toe sy die eerste vrouepresident by ’n krieketunie in die land geword het.

Thamae het Woensdagaand laat weet sy kan nie meer in aanmerking kom nie, omdat haar termyn by die Vrystaat verstryk het.

Arendse het in Desember die beroerde stand van sake in KSA betreur en ook daarop gewys dat die geskorste uitvoerende hoof, Thabang Moroe, sekerlik nie alleen aanspreeklik gehou kan word nie.

Hy het sy misnoeë oor diegene aan die stuur van KSA reeds in twee ope briewe te kenne gegee.

Een ding is seker, as dié vurige advokaat nog in die raadsale betrokke was, sou die talle voortslepende kwessies in KSA dalk nie so gesloer het soos nou nie.

Tebogo Siko, president van Noordelikes, se naam word intussen ook genoem om Chris Nenzani as president op te volg. Beresford Williams is tans KSA se adjunk-president.

KSA sal dalk ook weer na ’n tydelike plaasvervanger moet kyk vir Jacques Faul, wat nog net tot 15 September as uitvoerende hoof waarneem.

Die geskorste Moroe kan dalk volgende week met KSA begin vergader oor die beweerde klagtes teen hom.

Meer oor:  Norman Arendse  |  Ksa  |  Chris Nenzani  |  Thabang Moroe  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.