Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Te min swart spelers in Engelse krieket’

Die gebrek aan swart spelers in graafskapskrieket is “eenvoudig nie goed genoeg nie”, sê die voormalige Engelse kaptein, Michael Atherton.

Jofra Archer vandeesweek op die oefenveld in Southampton. Hy is een van slegs drie swart spelers wat sedert 2000 vir Engeland sy debuut gemaak het. Foto: Getty Images

’n Studie wat vanjaar uitgevoer is deur die Leeds Beckett-universiteit, het bevind daar is slegs nege swart spelers wat verlede seisoen deel was van graafskapskrieket. In 1995 was daar nog soveel as 33.

“Toe ek begin speel het in die vroeë 1990’s was die verhouding omtrent een uit 12 of een uit 15,” het Atherton gesê op Cricket on the Inside. “Nou kan jy hulle op die vingers van twee hande tel, miskien ses of sewe.

“Dit is ’n komplekse saak om te verduidelik en daar is verskeie redes wat ’n rol speel. Tog is dit net nie goed genoeg as jy dink aan die hoeveelheid talent wat verlore gaan nie.”

Slegs drie swart spelers het hul Engeland-debuut gemaak sedert 2000, met Jofra Archer die mees onlangse.

Jy wil nie hê dit moet ’n geslote spel wees nie, dit moet ’n spel wees vir alle gemeenskappe.
Michael Atherton

“Ek dink die ECB (Engelse Krieketraad) het hul fokus geplaas op spelers van suid-Asiese afkoms en hul oog gehaal van die swart gemeenskap,” sê Atherton. “Jy wil die net so ver en wyd moontlik sprei as jy kan en kan kies uit ’n groot groep spelers.

“Jy wil nie hê dit moet ’n geslote spel wees nie, dit moet ’n spel wees vir alle gemeenskappe. Op die oomblik sal die ECB moet erken die net is nie wyd genoeg gespan nie.”

Gladstone Small, wat lank vir Warwickshire gespeel en 17 toetsverskynings vir Engeland gemaak het, sê die gebrek aan swart spelers móét hanteer word.

“Ek is seker die mense by die ECB doen baie om jong spelers betrokke te kry, maar daar nog heelwat meer gedoen word.”

Dit is ’n skokkende getal as jy net nege swart spelers in 18 graafskappe kan vind.
Carlos Brathwaite

Carlos Brathwaite, ’n veelsydige speler van die Wes-Indiese Eilande wat as kommentator gaan diens doen oor die toetsreeks tussen Engeland en die Windies, sê hy is geskok oor die klein getal swart spelers wat in die Engelse ligas speel.

“Dit is ’n skokkende getal as jy net nege swart spelers in 18 graafskappe kan vind,” het hy aan die Daily Telegraph gesê.

Die ECB het belowe om gemeenskapsleiers en invloedryke swart mense in krieket te betrek.

“Ons het die afgelope paar weke erken dat swart spelers en ondersteuners wat soveel bygedra het tot die geskiedenis van die spel, nou verwerp moet voel,” het die ECB in ’n onlangse verklaring gesê.

“Hulle voel nie dat krieket ’n spel vir hulle is nie en dit moet verander.” – Reuters

  • Die eerste van drie toetse tussen Engeland en die Wes-Indiese Eilande begin Woensdag in Southampton om 12:00 Suid-Afrikaanse tyd. Dit word regstreeks op SS 2 uitgesaai.
Meer oor:  Krieket  |  Toetskrieket  |  Carlos Brathwaite  |  Michael Atherton  |  Ecb  |  Graafskapkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.