SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Krieket
Aussie geskors oor sy span te vroeg uitlap

Emily Smith, ’n Australiese vrouekrieketspeler, is vir ’n jaar geskors nadat sy ’n uur voor die amptelik aankondiging die Hobart Hurricanes se spanlys op sosiale media bekend gemaak het.

Emily Smith (links) verlede week vir die Hobart Hurricanes in aksie in Australië. Foto: Getty Images

Nege maande van haar straf is opgeskort, maar dit beteken dat sy steeds die res van die Big Bash-liga vir vroue (WBBL) Doer Onder en haar land se nasionale vroueliga aanstaande jaar gaan misloop.

Smith, ’n paaltjiewagter, wat die Hurricanes-span op haar Instagram-rekening uitgeblaker het, het volgens Krieket Australië (CA) sy teenkorrupsie-kode oortree. Die voortydige bekendmaking van ’n span word beskou as “binne-inligting” wat vir weddenskappe misbruik kan word.

CA gee toe dat Smith nie doelbewus die teenkorrupsie-kode oortree het nie, maar sê haar blaps is onverskoonbaar.

“Daar is uiters streng teenkorrupsie-reëls vir die WBBL en Emily besef nou die erns van haar fout,” het Sean Carroll, CA se integriteitshoof, gesê. 

– Reuters

Meer oor:  Vrouekrieket  |  Emily Smith
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.