Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aussie-kolwer gee pas aan in MSL
Janneman MalanFoto: Gallo Images

Die Aussie Ben Dunk se 380 lopies in nege kolfbeurte vir die Nelson Mandela Bay Giants was die meeste in die ligafase van die Mzansi-superliga.

Janneman Malan, aanvangskolwer van die Cape Town Blitz, het op sy beurt die meeste sesse, 22, gemoker in dié krieketreeks.

Malan, wat ook met ’n hoogste telling van 99* spog, se 358 lopies is die naasmeeste. Hy het ook reeds drie vyftigtalle aangeteken.

Die reeksrekord van 469 lopies in 11 kolfbeurte word deur die Jozi Stars se Rassie van der Dussen gehou.

Een van sy spanmaats, die snelbouler Duanne Olivier, het verlede jaar 20 paaltjies laat kantel.

Die draaier Imran Tahir van die Nelson Mandela Bay Giants en die Blitz se blitsbouler Dale Steyn het onderskeidelik 16 en 15 paaltjies in die ligafase laat kantel.

Die Giants en Tshwane Spartans pak mekaar Vrydagaand in ’n uitspeelwedstryd in Port Elizabeth. Die wenner kom Maandag in die eindstryd teen die Paarl Rocks te staan. – Sportredaksie

Meer oor:  Janneman Malan  |  Ben Dunk  |  Suid-Afrika  |  Mzansi-Superliga  |  Blitz  |  Krieket  |  T20  |  Kolwers  |  Giants
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.