Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aussie-sneller Richardson gerat vir Proteas
Jhye Richardson het 15 paaltjies in 14 wedstryde vir die Perth Scorchers in die Big Bash-liga ingeoes. Foto: Getty Images

Die snelbouler Jhye Richardson is by Australië se eendaggroep gevoeg vir sy kitsreeks teen Suid-Afrika, wat Saterdag in die Paarl begin.

Die 23-jarige blits is reeds in Suid-Afrika as deel van die T20-groep, maar het nog nie speelkans gekry nie.

Trevor Hohns, ’n Aussie-keurder, sê Richardson het in die oefensessies gewys dat hy weer gereed vir internasionale krieket is nadat hy in voorverlede jaar se Wêreldbeker-toernooi ’n skouerbesering opgedoen het.

“Hy het in die Big Bash-liga ook gewys dat hy weer op dreef is. Hy het goed by die T20-groep ingeskakel en oefen druk op die ander uit vir ’n plek in die span,” sê Hohns.

“Ons is bevoorreg om so ’n groot groep snelboulers te hê.

“Jhye verdien sy plek nadat hy hard gewerk het om ná ’n ernstige besering weer sy beste peil te bereik.”

Jhye verdien sy plek nadat hy hard gewerk het om ná ’n ernstige besering weer sy beste peil te bereik.
Trevor Hohns

Richardson sê hy is slaggereed en kan nie wag om teen Suid-Afrika losgelaat te word sou hy gekies word nie.

Richardson is egter nié in die eendaggroep vir ’n reeks teen Nieu-Seeland volgende maand nie.

Die Aussies het die aanvanklike groep vir die tuisreeks teen die Kiwi’s onveranderd gelaat.

Die Proteas en die Aussies pak mekaar ook op 4 Maart in Bloemfontein en die 7de in Potchefstroom. – TeamTalk

Meer oor:  Paarl  |  Suid-Afrika  |  Australie  |  Krieket  |  Eendagreeks  |  Snelbouler  |  Proteas  |  Aussies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.