Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aussie-toer na Engeland bevestig
David Warner sal een van Australië se kolfangels in die komende witbalreekse teen Engeland wees. Foto: Gallo Images

Australië se kort kriekettoer na Engeland, waartydens hy drie T20-wedstryde en drie eendagwedstryde gaan speel, is deur die Engelse en Walliese Krieketraad bevestig.

Die reekse sou aanvanklik in Julie gespeel word, maar die kalender moes weens die Covid-19-pandemie aangepas word.

Die T20-wedstryde teen die Engelse sal almal in Southampton gespeel word en die eendagwedstryde in Manchester. Dit sal steeds agter geslote deure plaasvind.

Die Aussies sal op 24 Augustus in Engeland aankom en eers by Derbyshire oefen voordat hulle – ná die derde toets tussen Engeland en Pakistan – na Southampton vertrek.

Australië gaan ’n onderlinge eendagwedstryd en drie T20-oefenwedstryde speel voor die eerste T20-wedstryd teen Engeland op 4 September in Southampton. Die ander twee T20-wedstryde daar word op 6 en 8 September gespeel.

Die eerste van die drie eendagwedstryde is op 11 September op Old Trafford. Die ander twee word op 13 en 16 September beslis. Die eendagreeks is deel van die Internasionale Krieketraad se nuwe Superliga. – ECB, Sportredaksie

Meer oor:  Krieket  |  Engeland  |  Covid-19  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.