Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aussie versuim juriediens vir WB-eindstryd
Alyssa Healy in aksie teen Indië. Foto: Getty Images

Om ’n sleutelrol vir jou land in ’n Wêreldbekereindstryd te speel, is ’n goeie verskoning om ’n belangrike afspraak mis te loop, of hoe?

Wisden berig die Australiese aanvangskolwer Alyssa Healy moes verduidelik waarom sy vroeg in Maart versuim het om haar vir juriediens aan te meld.

Healy, wat getroud is met die Aussie-snelbouler Mitchell Starc en die broerskind van die voormalige Aussie-paaltjiewagter Ian Healy is, het ’n brief van die balju ontvang wat haar afwesigheid in die hof bevraagteken het.

Haar eenvoudige verskoning was dat sy in die Wêreldbekereindstryd vir vroue teen Indië gespeel het.

Healy het in reaksie op die balju se brief ’n foto verskaf waar sy deelneem aan die Aussie-span se feesvieringe nadat hulle die titel beklink het.

Het die balju Healy se verduideliking aanvaar? Ja, hy het.

En goed so. Sy het immers in die eindstryd voor 86 174 toeskouers op die MCG 75 lopies van 39 balle gemoker om as die Speler van die Wedstryd aangewys te word.

– Sportredaksie

Meer oor:  T20  |  Vrouekrieket  |  Vrouesport
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.