Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aussie-vroue ewenaar wêreldrekord
Rachael Haynes van Australië speel ’n kaphou teen Nieu-Seeland in Woensdag se weghol-oorwinning in Brisbane. Foto: AP

Die Australiese vrouekrieketspan het Nieu-Seeland Woensdag met 232 lopies verneder en sodoende ’n 17 jaar oue wêreldrekord geëwenaar.

Rachael Haynes, waarnemende Aussie-kaptein, en haar spanmaats het met dié sege ’n 21ste agtereenvolgende oorwinning in internasionale eendagwedstryde behaal.

Hulle is nou gelyk met die rekord wat Ricky Ponting-hulle in 2003 opgestel het.

Haynes (96) en haar aanvangsvennoot, Alyssa Healy (87), het die grondslag vir die oorwinning gelê en Australië in staat gestel om ’n stewige 325/5 aan te teken.

Die Kiwi’s is daarna vir ’n skamele 93 lopies uitgeboender.

Die Aussies het skoonskip gemaak in die reeks nadat hulle die voorafgaande T20-reeks ook met 2-1 gewen het.

Dié oorwinning was ook die Aussies se grootste nog oor die Kiwi’s. Die Aussies het skoonskip gemaak in die reeks nadat hulle die voorafgaande T20-reeks ook met 2-1 gewen het.

Die Aussies het die T20-Wêreldbeker-toernooi vroeër vanjaar op tuisbodem gewen en het sedertdien gewys dat hulle nie hul gelyke in vrouekrieket het nie.

In die jaar wat Ponting en sy manskappe 21 seges op ’n streep behaal het, het hulle die WB-toernooi in Suid-Afrika gewen. – Reuters

Meer oor:  Australie  |  Nieu-Seeland  |  Wêreldrekord  |  T20-Reeks  |  Eendagreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.