Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Tronk vir Aussie wat slapende vrou verkrag

’n Australiese krieketspeler gaan vir vyf jaar in Engeland in die tronk sit omdat hy ’n slapende vrou verkrag het.

Alex Hepburn is van verkragting skuldig bevind. Foto: Getty Images

Alex Hepburn (23), wat in Perth gebore is en tot onlangs sy krieket vir die Engelse graafskap Worcestershire gespeel het, is skuldig bevind op ’n klag dat hy ’n vrou wat hy aan die slaap op sy spanmaat se bed aangetref het, oraal verkrag het. Hy is kwytgeskeld op ’n ander klag van verkragting.

Die hof het gehoor Hepburn was deel van ’n “seksspeletjie” saam met vriende op WhatsApp. Hy was ’n lid van ’n “stat chat”-groep waar lede besonderhede van die vroue saam met wie hulle geslaap het, deel.

Speur-hoofinspekteur Ian Wall sê hy hoop die vonnis bied vertroosting vir die slagoffer.

“Sy het hope moed en krag getoon deur na vore te kom en dit aan ons te rapporteer, regdeur die ondersoek en deur in die hof te getuig,” sê hy.

“Ek hoop hierdie skuldigbevinding bemoedig ander slagoffers van seksmisdade en bied vertroue dat hulle geglo en daar na hulle geluister sal word.”

Die jurie in Hepburn se herverhoor het vir 11 uur beraadslaag voordat ’n eenstemmige skuldigbevinding bereik is, berig die BBC.

’n Eerste verhoor in Januarie kon nie ’n uitspraak bereik nie.

Hepburn is kwytgeskeld op ’n ander klag wat verband hou met dieselfde slagoffer, wat vroeër die aand op 1 April 2017 seks gehad het met Hepburn se spanmaat en woonstelmaat Joe Clarke.

Hepburn het skuld ontken op albei klagte.

Wall het ná die vonnisoplegging gesê Hepburn was in ’n “posisie van vertroue en mag” tydens die voorval.

Hepburn het in 2013 na Engeland verhuis om ’n loopbaan in krieket te volg.

Hy het Worcestershire se tweede span in graafskapkrieket verteenwoordig en die 2017-seisoen as die span se voorste lopie- en paaltjievraat afgesluit.

Die klub het dieselfde tyd as wat die nuus oor die aantygings teen Hepburn bekend geword het, bevestig hy is met volle salaris geskors.

– Reuters

Meer oor:  Graafskap  |  Verkragting  |  Graafskapkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.