Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aussies behou die As ondanks Engelse durf

Australië se boulers het bloed gesweet, maar hulle het uiteindelik laat Sondagmiddag seker gemaak dat die As in Australië bly.

Die Aussies het die vierde toets in die reeks om die As teen Engeland op Old Trafford in Manchester met 185 lopies gewen nadat hulle Engeland se laaste paaltjie met net 40 minute oor, platgetrek het.

Lekker man, lekker! Tim Paine, die Australiese krieketkaptein, word deur sy spanmaats geluk gewens nadat die Aussies Sondag op Old Trafford in Manchester Engeland se laaste paaltjie laat kantel het om die vierde toets in die reeks om die As te beklink. Foto: AP

Australië is nou met 2-1 voor in die reeks met net een toets oor.

Australië kan dus nie meer die reeks verloor nie en aangesien hy die huidige houer van die As is, sal hy dit behou.

Engeland se beleërde kolflys het hard op die laaste dag van dié toets baklei, maar dié keer kon die tuisspan nie die byna onmoontlike regkry soos in die derde toets twee weke gelede nie.

Engeland het Sondag die dag begin op 18/2 – nog 365 lopies kort van hul yslike wenteiken van 383.

Meer realisties, Engeland se kolwers moes 98 boulbeurte op die laaste dag oorleef om ’n onbesliste uitslag af te dwing.

Joe Denly en Jason Roy het Saterdag gewys dat daar nie veel streke in die kolfblad was nie, al was dit Sondag ’n vyfde dag.

Daar was draai vir die draaier Nathan Lyon, maar die wip was voorspelbaar en die kolwers kon die wip vertrou.

Australië se naatboulers het regdeur uitstekend geboul. Pat Cummins (4/43) en Josh Hazlewood (2/31) was uitstekend.

Hulle was akkuraat en het die wegpen geteiken, hoewel die Engelse kolwers hulle frustreer het.

Engeland het sy agste paaltjie net ná die teepouse verloor, maar die eindkolwers het aanhou baklei.

Dis wonderlik om te weet dat die As huis toe kom.

Jack Leach, een van die helde van Headingley, het op nr. 10 gekolf en het vir meer as ’n uur gekolf en 51 balle trotseer.

Craig Overton, die man wat laaste uit is toe hy been voor paaltjie betrap is deur Hazlewood, het amper 3 uur lank gekolf vir 105 balle.

Enduit het die Aussies verdien om te wen.

Steve Smith, Australië se kolfheld wat tellings van 211 en 82 lopies in die toets aangeteken het, het ná die wedstryd aan Sky Sport gesê dat hy baie trots op die span se vertoning is.

“Dis wonderlik om te weet dat die As huis toe kom,” het die voormalige kaptein gesê.

Smith erken dat die Aussies effe benoud geraak het teen die einde. Dit was ’n ongelooflike gevoel teen die einde.”

Smith was ook vol lof vir Overton se kolfwerk.

“Hy was vol moed en het ongelooflike veggees vir Engeland gewys.”

Telkaart

Meer oor:  Steve Smith  |  Reeks Om Die As  |  Engeland  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.