Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aussies kan Proteas se Ottis aanstel

Die Proteas se voormalige afrigter Ottis Gibson kan dalk as Australië se nuwe boulafrigter aangestel word.

Ottis Gibson/Foto: Getty Images

“Hy is ’n uitstaande afrigter. Hy was hoofafrigter van die Wes-Indiese Eilande en Suid-Afrika en word hoog aangeslaan. Ek ken Ottis goed, hy is ’n besondere mens. Ek het al ’n paar keer met hom gepraat (om hom by ons aan te sluit),” sê Justin Langer, hoofafrigter van die Aussies, luidens ’n berig op smh.com.au.

David Saker was voorheen die span se boulafrigter, terwyl Adam Griffith (tydens die Wêreldbeker-toernooi) en Troy Cooley (tydens die reeks om die As) die span in dié hoedanigheid bygestaan het. Cooley wil nie so baie reis nie.

Die 50-jarige Gibson was al by twee vorige geleenthede Engeland se boulafrigter en sy naam het ook vroeër opgeduik as opvolger vir Trevor Bayliss as hoofafrigter van Engeland.

Langer is ook na ’n nuwe veldwerkafrigter op soek. Brad Haddin het om gesinsredes bedank en hom intussen by Fox Cricket as kommentator aangesluit.

Langer self kan dalk in Januarie met die eendagreeks in Indië vir ’n ruk ’n blaaskans neem. Hy sal later die somer besluit of hy die span soontoe sal vergesel. – Sportredaksie, smh.com.au

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Proteas  |  Ottis Gibson  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.