Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aussies kies Smith, Warner vir WB-toernooi

Steve Smith en David Warner is Maandag by Australië se Wêreldbekergroep ingesluit nadat albei krieketspelers weens balpeutery vir ’n jaar geskors was.

Geluk ou maat! Die balpeuteraars Steve Smith en David Warner gaan albei saam met Australië na die Wêreldbekertoernooi. Foto: Getty Images

Smith (voormalige kaptein) en Warner (voormalige onderkaptein) speel weer op internasionale vlak nadat hulle gestraf is vir hul aandeel in die verneukspul in die derde toets teen die Proteas in Kaapstad in Maart 2018. Die aanvangskolwer Cameron Bancroft, wat vir nege maande geskors is, het in Desember teruggekeer.

ABCSport berig Trevor Hohns, Krieket Australië se keurderbaas, het Smith en Warner se terugkeer as “bevredigend” beskryf.

Hulle speel tans in die Indiese Premierliga (IPL) vir onderskeidelik die Rajasthan Royals en Sunrisers Hyderabad.

“Ons is verskriklik in ons skik met hoe ons eendaggroep oor die afgelope ses maande vorder, wat die onlangse reeksseges oor Indië en Pakistan insluit,” sê Hohns.

“Steve Smith en David Warner keer terug na die groep. Albei is spelers van wêreldgehalte en dit is bevredigend om hul goeie spelpeil in die IPL te sien.”

Die draaiboulers Adam Zampa en Nathan Lyon is in die Wêreldbekergroep ingesluit saam met die snelboulers Mitchell Starc, Pat Cummins, Jason Behrendorff, Jhye Richardson en Nathan Coulter-Nile.

Maar Josh Hazlewood en Peter Handscomb – wat verlede maand sy eerste eendag-hondertal teen Indië gemoker het – is nie gekies vir die toernooi wat op 30 Mei in Engeland begin nie.

Australië begin sy Wêreldbekerveldtog teen Afganistan in Bristol op 1 Junie.

Aussies se WB-groep: Aaron Finch (k), Usman Khawaja, David Warner, Steve Smith, Shaun Marsh, Glenn Maxwell, Marcus Stoinis, Alex Carey, Pat Cummins, Mitchell Starc, Jhye Richardson, Nathan Coulter-Nile, Jason Behrendorff, Nathan Lyon, Adam Zampa.

– Sportredaksie

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.