Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aussies kon nie ‘druk hanteer’, sê Paine

Tim Paine, kaptein van die sukkelende Australiese krieketspan, se plek in die eendagspan is in gevaar nadat Engeland die Aussies met 5-0 in ’n eendagreeks afgestof het.

Wat het verkeerd geloop? Tim Paine tydens Sondag se vyfde eendagwedstryd. Foto: Getty Images

Hy spog met ’n kolfgemiddeld van slegs 7,20 in die vyf wedstryde.

“Om eerlik te wees, het ek nog nie daaraan gedink nie. Al wat ek weet is dat ek hier is om aan die reeks deel te neem, en soos ek al tevore gesê het is dit simpel om op my ouderdom vooruit te kyk,” sê Paine (33).

“Ek sien beslis daarna uit om die toetsspan aan te voer en om my spelpeil in daardie formaat te handhaaf. Maar waar ek met my krieket gaan, is iets wat ons in die komende weke sal bespreek.

“Ek het straks dalk onder die druk geswig in die reeks. Dinge raak moeilik op internasionale vlak wanneer ’n mens nie goed vertoon nie.”

Dinge raak moeilik op internasionale vlak wanneer ’n mens nie goed vertoon nie.
Tim Paine

Paine sê die senior spelers in sy span het tot die reeksnederlaag bygedra en erken dat die Aussies onder die druk geswig het.

In die vyfde wedstryd Sondag in Manchester het Australië eerste gekolf en 205 aangeteken en die Engelse teen die planke gehad op 114/8, sonder dat hy die uitklophou kon plant. Engeland het herstel om die wedstryd met een paaltjie te beklink.

“Teen die halfpadmerk het ek gedink ons is in die moeilikheid, maar ons boulers het regtig hul hande opgesteek. Maar die oomblik toe ons onder druk geplaas word, het ons gevou.

“Ons kon meer paaltjies gekry het. Ek het gedink ons het hulle onder druk gehad,” sê Paine. – espncricinfo.com

Meer oor:  Krieket  |  Tim Paine  |  Australia  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.