Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aussies op koers vir reeks-oorwinning

Daar was ’n oomblik Saterdagmiddag net voor die teepouse dat Australië gewankel het.

Die besoekers was op 44/4 in sy tweede beurt en ofskoon hy toe ’n voorsprong van 240 gehad het, kon ’n mens voel dat Engeland die momentum in die toets kon neem.

Daar was net een probleem. Steve Smith was nie een van die vier paaltjies wat geval het nie en hy was steeds voor die penne.

Pat Cummins vier die paaltjie van Joe Root kort voor die uitskeityd Saterdag op Old Trafford. Foto: Reuters

Amper twee uur later, toe Smith op diepweg deur Ben Stokes gevang is vir 82, was die momentum beslis weer in die Aussies se kamp. Smith en Matthew Wade het 104 lopies om die vyfde paaltjie gevoeg en dit was duidelik dat die Engelse skouers gehang het ná daardie beurt.

En om die sout in die wonde net verder te vryf, toe val daar ook nog twee paaltjies in die eerste boulbeurt van Engeland se tweede beurt. Pat Cummins (2/8) het twee wonderlike aflewerings geboul om van Rory Burns en Joe Root, Engeland se twee uitblinkers in die eerste beurt, vir twee nulletjies uit te kry.

Australië het sy tweede beurt op 186/6 gesluit verklaar en Engeland dus die teiken gestel om 383 vir ’n oorwinning te behaal.

Al het die Engelse die “onmoontlike” gedoen om 359 vir die oorwinning in die derde toets op Headingley aan te teken, is dit bitter moeilik om te sien hoe die tuisspan Sondag gaan oorleef en om die As te red. Engeland het 18/2 met die uitskeityd bereik.

Saterdag was ’n dag wat die boulers geniet het.

Engeland het die dag op 200/5 in sy eerste beurt begin en het net-net die opvolgbeurt afgeweer. Hy is vir 301 uitgeboul om die Aussies ’n voorspring van 197 lopies te gee ná die eerste beurte. Stuart Broad en Jofra Archer het toe die Aussie-toporde laat les opsê.

Die reeks is tans met 1-1 gelykop, maar omdat Australië die laaste reeks gewen het, het hy slegs ’n gelykop-uitslag in die reeks nodig om die As te hou.

Telkaart.

Meer oor:  Toetskrieket  |  Reeks Om Die As
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.