Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aussies se boertjie skuif op na 3de plek

Australië se Marnus Labuschagne het een plek geklim en bevind hom nou in die derde plek op die Internasionale Krieketraad se jongste ranglys vir kolwers in toetskrieket.

Marnus Labuschagne is hier in Januarie in Brisbane vir Australië teen Indië in aksie. Foto: Getty Images

Nieu-Seeland se Kane Williamson (919 punte) beklee steeds die eerste plek, gevolg deur die Aussies se Steve Smith (891) en Labuschagne.

Labuschagne, ’n Klerksdorper van geboorte, het hom al voorheen in die derde plek op die ranglys bevind.

Daar is steeds net twee Suid-Afrikaners onder die voorste 20 op die ranglys. Aiden Markram (673 punte) is in die 15de plek, met Dean Elgar (662) wat 19de is.

Rohit Sharma van Indië se blink vertoning met die kolf in die tweede toets teen Engeland het hom na die 14de plek laat klim. Hy het 161 in sy span se eerste kolfbeurt aangeteken, wat die grondslag vir sy span se sege met 317 lopies gelê het.

Sharma se vorige beste plek op die ranglys was in Oktober 2019 toe hy in die tiende plek was.

Nog ’n Indiër, die veelsydige Ravichandran Ashwin, se 100-tal in sy span se tweede kolfbeurt het hom ook ’n paar stewige spronge laat maak. Hy is nou 81ste.

Ashwin is natuurlik meer bekend as ’n bouler – hy is steeds sewende op dié ranglys met 804 punte. Dit is egter nou net ’n kortkop agter die Engelsman Stuart Broad, wat in die sesde plek op 807 is.

Australië se snelbouler Pat Cummins is steeds die voorste bouler, gevolg deur die Kiwi Neil Wagner en James Anderson van Engeland.

Kolwers: 1. Kane Williamson (NS, 919), 2. Steve Smith (Aus, 891), 3. Marnus Labuschagne (Aus, 878), 4. Joe Root (Eng, 869), 5. Virat Kohli (Ind, 838), 6. Babar Azam (Pak, 760), 7. Henry Nicholls (NS, 747), 8. Cheteshwar Pujara (Ind, 727), 9. David Warner (Aus, 724), 10. Ben Stokes (Eng, 721). Suid-Afrikaners: 15. Aiden Markram (673), 19. Dean Elgar (662), 24. Quinton de Kock (625).

Boulers: 1. Pat Cummins (Aus, 908), 2. Neil Wagner (NS, 825), 3. James Anderson (Eng, 818), 4. Josh Hazlewood (Aus, 816), 5. Tim Southee (NS, 811), 6. Stuart Broad (Eng, 807), 7. Ravichandran Ashwin (Ind, 804), 8. Jasprit Bumrah (Ind, 761), 9. Kagiso Rabada (SA, 753), 10. Mitchell Starc (Aus, 744). Ander Suid-Afrikaners: 29. Keshav Maharaj (547), 34. Anrich Nortjé (493). – Sportredaksie

Meer oor:  Marnus Labuschagne  |  Toetskrieket  |  Ikr  |  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.