Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Aussies sonder Warner in eerste toets
David Warner, aanvangskolwer van Australië. Foto: Reuters

Die gesoute Australiese aanvangskolwer David Warner is nie beskikbaar vir volgende week se eerste toets teen Indië in Adelaide nie, maar hoop om sy terugkeer te maak in die Kerstoets in Melbourne.

Warner, wat ’n liesbesering in die tweede eendaagse wedstryd teen Indië opgedoen het, het in Sydney aangebly om sy rehabilitasie te voltooi. Die res van die Australiese groep het na Adelaide gereis om hul voorbereiding vir die eerste toets, ’n middag/aand-kragmeting, te begin.

Die wedstryd begin op 17 Desember.

“Ek het baie vordering in ’n kort tydperk gemaak en glo dit is die beste besluit om in Sydney aan te bly tot ek weer ten volle fiks is,” sê Warner in ’n verklaring.

Die besering voel baie beter, maar ek moet aan myself en my spanmaats bewys dat ek 100% reg is vir die toets.
David Warner

“Die besering voel baie beter, maar ek moet aan myself en my spanmaats bewys dat ek 100% reg is vir die toets.

“Dit sluit in om tussen die paaltjies te hardloop en om rats in die veld te wees. Ek kan dít nog nie behoorlik doen nie, maar glo nog tien dae sal ’n groot verskil maak,” sê hy.

Warner se afwesigheid is ’n reuseterugslag vir die Aussies. Hy is nie net een van hul beste kolwers nie, maar was ook vir die laaste dekade ’n rots boaan die kolflys.

Australië se aanvangsprobleme is vererger met die nuus dat Warner se waarskynlike plaasvervanger, Will Pucovski, beseer is nadat hy in die wedstryd tussen Australië en Indië se naasbestes met ’n opslagbal teen die kop getref is.

Joe Burns, Warner se aanvangsvennoot in die laaste tuistoets, is glad nie op dreef nie en het vier lopies in die twee beurte teen Indië A aangeteken. – Reuters

Meer oor:  David Warner  |  Indie  |  Australie  |  Krieket  |  Reeks  |  Toets
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.