Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
'Australië het Smith, Warner nodig'

Die voormalige Australiese draaibouler Shane Warne glo die nasionale span benodig “dringend” Steve Smith en David Warner se terugkeer.

Shane Warne / Foto: Getty Images

Volgens Warne, is albei spelers met die “X-faktor” en hul dienste word nou meer as ooit benodig. Smith en Warner dien ’n jaarlange skorsing uit wat deur Krieket Australië opgelê is vir hul aandeel in die balpeutery-skandaal in Suid-Afrika vroeër vanjaar.

Smith en Warner is albei vir ’n jaar geskors, terwyl Cameron Bancroft vir nege maande geskors is.

Die trio het verskoning gevra vir hul betrokkenheid in die skandaal.

Smith en Warner is van hul leierskaprolle gestroop – Smith, in besonder, mag nie eens die kapteinskap van Australië oorneem nadat hy sy skorsing uitgedien het nie.

Terwyl Australië sukkel in internasionale krieket weg van die huis, sal hy hoop dat die geskorste spelers toegelaat sal word om vroeër ’n terugkeer te maak.

Australië pak Indië, die voorste toetsspan, later vanjaar.

“Australië sal pleit om hulle terug te hê, hulle is twee van die topvyf kolwers in die wêreld. Australië het hulle dringend nodig,” is Warne in The Daily Telegraph aangehaal.

Warne glo nietemin Australië gaan ’n moeilike span wees om te klop wanneer hy in 2019 na Engeland reis vir die Reeks om die As.

Hulle moet weet dat hulle in is vir ’n vyandige tydperk regoor die wêreld totdat hulle weer respek verdien.

“Australië het nie werklik té veel spelers met die X-faktor nie. Maar ek dink ook nie Australië is bang vir Engeland nie, behalwe dalk vir Jimmy Anderson met sy Dukes-balle,” sê hy.

Smith en Warner sal in alle waarskynlikheid vir Australië speel teen die tyd wanneer die Reeks om die As begin, maar die voormalige draaier waarsku dat die omstrede duo hulle moet staal vir moeilike tye want hy verwag ’n vyandige ontvangs.

“Aan die begin gaan dit moeilik vir hulle wees. Vergifnis neem tyd, maar ná ’n paar honderdtalle sal mense sê ‘ons het die ou gemis’.

“Hulle moet weet dat hulle in is vir ’n vyandige tydperk regoor die wêreld totdat hulle weer respek verdien,” sê Warne.

Australië tree aan in Engeland in 2019 by die Wêreldbeker-toernooi as die verdedigende kampioen.

– crictracker.com

Meer oor:  David Warner  |  Toetskrieket  |  Cameron Bancroft  |  Shane Warne  |  Steve Smith  |  Balpeutery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.