Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Baaise baanopsigter hou veld dop

Adrian Carter, St. Georgepark se baanopsigter, sê sy grootste bekommernis in dié stadium wat die voorbereiding van die kolfblad betref, is wat die weer vandeesweek en tydens die toets gaan maak.

Dit sal bepaal wanneer en hoe hy die gras gaan sny, sê Carter oor die derde kriekettoets tussen die Proteas en Engeland wat Donderdag in Port Elizabeth begin.

Kagiso Rabada spog met ’n goeie vertoningslys met die bal in die Baai. Foto: Gallo Images

Die reekstelling is 1-1 elk en die blad wat die Proteas Maandag met hul eerste oefening begroet het, se gras was nog lank en welig.

Carter hou die weervoorspellings daagliks fyn dop. Hy is versigtig om die gras te vroeg af te sny, “want as dit af is, dan is dit af”.

Hy sal die gras waarskynlik eers Donderdag sny.

Wat oor die volgende paar dae gebeur, sowel die weer- voorspellings vir naweek, sal ook bepaal hoe die grassnyer gestel word.

“Daar word Vrydag ’n sterk westewind verwag. En dit kan Saterdag en Sondag reën,” sê Carter wat skerts dat hulle soms vyf seisoene in een dag beleef.

Hy is reguit oor wat om te verwag.

“Die blad hier was nog altyd aan die stadige kant, dit was nog nooit ’n Wanderers- of SuperSportpark-blad nie.”

Hy streef daarna dat dit net bestendig moet wees.

Carter wys daarop dat die laaste paar toetse daar nie die volle vyf dae geduur het nie.

“Daar was onder meer die een teen Zimbabwe (Desember 2017) wat op die tweede dag reeds verby was.”

Die blad hier was nog altyd aan die stadige kant, dit was nog nooit ’n Wanderers- of SuperSportpark-blad nie.

Sri Lanka se sege oor Suid-Afrika (Februarie, 2019) daar om ’n geskiedkundige reekssege te behaal, het net drie dae geduur, terwyl die toets teen Australië (Maart, 2018) daar vier dae lank was. Die Proteas het ’n goeie vertoningslys die laaste paar jaar in die Baai. Die nederlaag teen Sri Lanka was hul eerste in die laaste sewe toets daar, waarvan hulle vyf gewen het en een onbeslis geëindig het.

* Hoewel die veld ’n reputasie het dat dit die draaiers bevoordeel, het Suid-Afrika se voorslag-draaibalbouler Keshav Maharaj, sedert 2016 in vier toetse slegs 11 paaltjies daar laat kantel.

In die sewe kolfbeurte wat hy geboul het, kon hy slegs een keer vyf paaltjies laat kantel en dít was teen Zimbabwe in 2017.

In dié tydperk was die snelbouler Kagiso Rabada loshande Suid-Afrika se suksesvolste bouler. Hy het in die toetse teen Sri Lanka (2016 en 2019), Zimbabwe en Australië 23 paaltjies laat spat.

Hy was veral verwoestend teen die Aussies en het in dié toets met 11 paaltjies (5/94 en 6/54) gespog.

Vernon Philander het nie so baie slaankrag soos Rabada gehad nie. Hy het verlede jaar se toets teen Sri Lanka daar misgeloop, maar in die ander drie sedert 2016 het hy net tien paaltjies platgetrek.

Faf du Plessis, wat effens in ’n groef met ’n hoogste telling van 29 lopies in sy laaste sewe kolfbeurte was, sal vertroue put uit die feit dat hy al twee honderdtalle in die Baai aangeteken het.

Meer oor:  Kagiso Rabada  |  Adrian Carter  |  Faf Du Plessis  |  Port Elizabeth  |  Toetskrieket  |  Proteas  |  Baanopsigter  |  Engeland  |  Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.