Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Bacher: Krieket in leë stadions die toekoms

Speel krieket in leë stadions totdat die koronavirus-pandemie die wyk geneem het.

Dít is die raad van dr. Ali Bacher, eertydse grootbaas van Suid-Afrikaanse krieket, om die spel wêreldwyd aan die gang te hou te midde van die Covid-19-krisis.

Dr. Ali Bacher, voormalige grootbaas van Suid-Afrikaanse krieket. Foto: Gallo Images

“Dit is ’n ongekende situasie in my krieket-ervaringe en baie ernstig. Met van my mediese kontakte waarmee ek gesels, glo ek dit kan nog die volgende 18 maande met ons wees voordat dit uitgewoed het. Krieket kan nie bekostig om so lank onaktief te wees nie.

“Ek voel die antwoord gaan wees om wel die spel te laat voortgaan, maar dit in leë stadions te doen. Daar sal dus wel die gebruiklike aantal kykers kan wees wat dit op televisie dophou. Daar sal gevolglik ook ’n inkomste uit borge kan wees om die spel aan die gang te hou. Dit is die roete wat ek sal volg,” het Bacher vandeesweek gesê.

“Kyk maar net hoeveel wedstryde word wêreldwyd in leë stadions gespeel. ’n Span soos Pakistan speel omtrent al sy wedstryde in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) in leë stadions met baie min toeskouers. Hier plaaslik gebeur dit al die tyd in ons plaaslike reekse, veral die meerdaagse een. Dit sal dus nie iets vreemd vir spelers wees om aan gewoond te raak nie. Selfs plaaslike krieket in ’n land soos Australië lok nie veel toeskouers nie.

“Die belangrikste is dat daar wel kykergetalle op televisie sal wees en dít sal beslis die geval wees. Dink net hoeveel miljoene mense sal kyk na ’n reeks tussen Suid-Afrika en Indië, al moet dit dan op ’n neutrale plek soos die VAE (Dubai en Abu Dhabi) gespeel word. Ek glo juis die reeks wat nou beplan word tussen daardie twee lande moet maar liewer op ’n neutrale plek gespeel word,” sê Bacher.

Younis Khan van Pakistan in 2015 voor ’n leë paviljoen in ’n toets teen Engeland in Abu Dhabi in aksie. Foto: Getty Images

“Die kykergetalle sal steeds daar wees op televisie en dit sal ’n groot inkomste verseker en die borge sal behoue bly. Dit sal Suid-Afrikaanse krieket ook baie help, wat ernstige finansiële probleme gaan teëkom hoe langer die pandemie aanhou,” vertel Bacher.

Hy het ook onlangs aan die Times of India gesê die drastiese ingryping by Krieket Suid-Afrika (KSA) deur dr. Jacques Faul in te bring as die waarnemende uitvoerende hoof en Graeme Smith die direkteur van krieket te maak, was ’n reddingsboei vir die sport.

Hy sal nou net graag wil sien dat die uitvoerende raad van die KSA, wat volgens hom baie beperkte kennis van die spel het, vervang word deur gerespekteerde Suid-Afrikaners wat ’n visie vir krieket het en wat positiewe leierskap kan uitstraal.

Meer oor:  Graeme Smith  |  Koronavirus  |  Ksa  |  T20  |  Toetskrieket  |  Ikr  |  Eendagkrieket  |  Proteas  |  Covid-19  |  Ali Bacher
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.