Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Bancroft moker 151 in debuut vir Durham

Cameron Bancroft het ’n onoorwonne 151 lopies behaal in sy eendag-debuut vir Durham op ’n dag wat die onteerde Aussie die Engelse graafskap se geloof in hom beloon het.

Cameron Bancroft vier Woensdag sy honderdtal. Foto: Getty Images

“Ek hoop ek wen die toeskouers se guns,” sê hy.

“Ek gaan net uit om my krieket te geniet. Hopelik maak ek klomp lopies en as dit die toeskouers se guns wen, fantasties.”

Bancroft is vir nege maande geskors vir sy aandeel in die balpeutery in Maart 2018 in Suid-Afrika.

Die “sandpapergate”-skandaal teen die Proteas in die derde toets op Nuweland het ook daartoe gelei dat sy Aussie-spanmaats Steve Smith en David Warner elk vir ’n jaar geskors is.

Bancroft het in Desember sy terugkeer in Australië se Big Bash T20-liga gemaak. Hy het ’n kleinerige rol gespeel in Wes-Australië se Sheffield Shield-veldtog en het hom daarna by Durham aangesluit met die hoop om die Aussies se groep vir die reeks om die As te haal.

Durham, met die Aussie Marcus North as die graafskap se direkteur van krieket, het uit sommige oorde kritiek gelok om Bancroft na Engeland te lok.

Maar die 26-jarige aanvangskolwer is op omstrede wyse as Durham se kaptein aangewys. Hy was Woensdag by Chester-le-Street goed op dreef in sy span se tuissege met 72 lopies oor Northamptonshire.

“Die ouens het hard gewerk, so dit is lekker om die eendag-toernooi goed te begin en dit was lekker om lopies te kry.”

Bancroft, wat in 2017-’18 in die reeks om die As gespeel het, het vyf sesse en agt viere in 188 minute voor die penne aangeteken.

Hy en Michael Richardson het ’n vennootskap van 208 om die vierde paaltjie opgestapel voordat laasgenoemde sy paaltjie in die laaste beurt verloor het.

Durham het uiteindelik 342/5 in sy 50 beurte behaal.

SuperSport 

Meer oor:  Graafskap  |  Durham  |  Cameron Bancroft  |  Eendagkrieket  |  Balpeutery  |  Graafskapkrieket
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.