Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Temba Bavuma kan kleim afsteek

Temba Bavuma kan sy aanspraak op ’n plek in die laaste toets op die Wanderers teen Engeland verstewig, maar dit word betwyfel of hy die Lions in die meerdagreeks uit die verknorsing kan kolf.

Tony de Zorzi Foto: Gallo Images

Die buksie was onoorwonne op 41 in die Lions se tweede beurt Woensdag in Pietermaritzburg waar die Dolphins sterk staan om ’n tweede agtereenvolgende meerdagsege te behaal.

Die reeksvoorloper is op 98/4 met die rug teen die muur en moet nog 332 lopies aanteken om te wen.

* Die Titans se aanvangskolwer Tony de Zorzi het met sy derde eersterangse honderdtal die vroeë hoop van die Cape Cobras laat vervaag.

Die 22-jarige De Zorzi sal sy marathonbeurt van 114 van reeds 225 balle op die laaste dag voortsit. Die besoekers het op 271/3 ’n voorsprong van 102 lopies waarop hulle sal wil voortbou.

Die Cobras het vroeër met die oornagkolwer George Linde onoorwonne op ’n loopbaanbeste 148 lopies 456 in hul eerste beurt gekry in antwoord op die 287 van die Titans.

Met ’n voorsprong van 169 het Jason Smith (2/27) hulle met twee paaltjies met agtereenvolgende aflewerings, wat die besoekers op 18/2 gelaat het, dadelik hoop gegee.

Die hotklou De Zorzi het vasgeskop en later goeie ondersteuning van eers Heinrich Klaasen (79) en toe Farhaan Behardien (62*) gekry.

* Die Warriors is op die laaste dag in Oos-Londen op 99/3 in hul tweede beurt nog in oorlewingstryd teen die Knights gewikkel.

Hulle het ’n agterstand van 122 lopies wat nog uitgewis moet word.

Die Knights het die goeie posisie te danke aan vyftigtalle deur Raynard van Tonder (80), Pite van Biljon (59), Andries Gous (73) en Wandile Makwetu (48*) wat sy vyftigtal net misgeloop het.

Die besoekers kon met 362 antwoord in hul eerste beurt in antwoord op die 141 van die Warriors op die tweede dag.

Hoewel Van Tonder Woensdag nie ’n lopie by sy oornagtelling kon voeg nie het hy die 700-kerf aan lopies in die reeks met sy kolfbeurt verbygesteek.

Meer oor:  Temba Bavuma  |  Tony De Zorzi  |  Plaaslike Meerdagreeks  |  Dolphins  |  Titans  |  Lions  |  Warriors  |  Cape Cobras  |  Proteas  |  Knights
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.