Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Bavuma mis 1ste toets teen Engeland
Die topkolwer Temba Bavuma in aksie vir die Proteas in ’n onlangse toets teen Indië. Foto: Gallo Images

Die Protea-topkolwer Temba Bavuma sal die eerste kriekettoets teen Engeland weens ’n heupbesering misloop.

Die toets begin op 26 Desember op SuperSportpark in Centurion en is die eerste in die reeks van vier.

’n Skandering het Donderdag gewys die buksie het ’n heupspiertjie verrek.

Hy sal in die Protea-kamp aanbly en ’n rehabilitasieprogram volg. Vroeë aanduidings is dat hy sewe tot tien dae buite aksie gaan wees.

Daar sal ná die driedaagse opwarmwedstryd tussen die Suid-Afrikaanse A-span en Engeland, wat Vrydag op Willowmoorepark in Benoni begin, besluit word of ’n plaasvervanger vir Bavuma in die groep ontbied sal word.

Hy is op mediese advies aan die span onttrek en sal rehabilitasie ondergaan.
Dr. Shuaib Manjra

“Temba Bavuma het las van ’n verrekte spiertjie in sy linkerheup. Nader ondersoek en ’n skandering het die situasie bevestig. Hy is op mediese advies aan die span onttrek en sal rehabilitasie ondergaan.

“Ons verwag dat hy nie langer as sewe tot tien dae buite aksie sal wees nie,” het dr. Shuaib Manjra, Krieket Suid-Afrika se mediese hoof, Donderdagaand gesê. – Sportredaksie

Meer oor:  Temba Bavuma  |  Centurion  |  Johannesburg  |  Toetsreeks  |  Beseer  |  Krieket  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.