Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Bavuma-skeet hou hom uit res van reeks

Die Protea-kolwer Temba Bavuma is Woensdag weens ’n dyspierbesering aan die laaste twee wedstryde van die eendagreeks teen Australië onttrek.

Temba Bavuma verloor sy paaltjie teen Australië in die eerste eendagwedstryd Sondag in die Paarl. Hy gaan nie in die res van die reeks speel nie.Foto: Gallo Images

Dít is as voorsorg gedoen nadat hy sy regter-dyspier verrek het.

Rassie van Dussen is Dinsdag laat weet hy moet hom weer by die span aansluit. Hy het hom Woensdagoggend by die Proteas in Bloemfontein aangesluit, waar die tweede wedstryd gespeel word.

Dít is die tweede terugslag wat die Proteas in die reeks getref het. Die voorslagbouler Kagiso Rabada kon weens ’n besering ook nie die Aussies pak nie.

Bavuma bly intussen aan by die span. Die mediese span gaan poog om hom slaggereed te kry vir die komende toer na Indië, waar Suid-Afrika ook drie eendagwedstryde gaan speel.

Jon-Jon Smuts is in Bavuma se plek gekies.

Die span vertrek reeds Sondag na Indië.

* Australië het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Die Aussies het die draaier Ashton Agar in die plek van die snelbouler Josh Hazlewood gekies, want die besoekers verwag dat die bal lekker gaan draai op ’n blad wat baie droog lyk.

TELKAART

* Spanne:

Proteas: Janneman Malan, Quinton de Kock, Jon-Jon Smuts, Kyle Verreyne, Heinrich Klaasen, David Miller, Andile Phehlukwayo, Keshav Maharaj, Anrich Nortjé, Lungi Ngidi, Tabraiz Shamsi.

Australië: David Warner, Aaron Finch, Steve Smith, Marnus Labuschagne, Mitchell Marsh, Alex Carey, D’Arcy Short, Ashton Agar, Mitchell Starc, Pat Cummins, Adam Zampa.

Meer oor:  Toetskrieket  |  Transformasie  |  Eendagkrieket  |  Proteas  |  Temba Bavuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.