Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Besering gee Jonny Bairstow kans

Die ervare Jonny Bairstow sal hom by Engeland se toetskrieketspan vir die reeks teen Nieu-Seeland aansluit, nadat Joe Denly ’n enkelbesering in ’n oefening opgedoen het.

Bairstow (33), wat reeds in 69 toetse gespeel het, was veronderstel om ná Sondag se laaste T20-wedstryd tussen die Engelse en die Kiwi’s huiswaarts te keer.

Die Engelse kolwer Jonny Bairstow. Foto: Getty Images

Nou het die onsekerheid oor Denly se fiksheid aan Bairstow opnuut die geleentheid gegee om homself te bewys nadat hy ná ’n teleurstellende vertoning in die reeks om die As sy plek in die toetsspan verloor het.

“Denly maak vordering met sy rehabilitasie en ons hoop dat hy fiks sal wees vir die driedaagse oefenwedstryd wat op Vrydag 15 November begin,” sê die Engelse en Walliese Krieketraad in ’n verklaring.

Die Engelse het Dinsdag nog ’n oefenwedstryd waar Bairstow, wat 4 020 lopies in 69 toetse teen ’n gemiddeld van 35.26 aangeteken het, sy staal kan toon.

Die eerste toets in die reeks van twee begin op 21 November in Mount Maunganui. – Reuters

Meer oor:  Jonny Bairstow  |  Krieket  |  Nieu-Seeland  |  Reeks Om Die As  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.