Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Besluit oor Moroe kom dalk Vrydag
Thabang Moroe, KSA se geskorste uitvoerende hoof. Foto: Elizabeth Sejake

’n Besluit oor die lot van Thabang Moroe, Krieket Suid-Afrika (KSA) se geskorste uitvoerende hoof, kan moontlik Vrydag deur dié beheerliggaam se raad geneem word.

Moroe is in Desember geskors vir beweerde wanbestuur, hangende ’n onafhanklike forensiese ondersoek na bestuurspraktyke by KSA. Die eerste verslag van die forensiese oudit is twee weke gelede deur KSA se lederaad in ontvangs geneem.

KSA het Dinsdagmiddag laat in ’n verklaring gesê sy raad het Maandagaand ’n vergadering gehad waarin die eerste verslag bespreek is. Daar sal Vrydag ’n opvolgvergadering wees, waar die nodige stappe gedoen sal word met betrekking tot die verslag se bevindinge en aanbevelings, lui die verklaring.

Tog sal daar beslis opgetree kan word oor die kwessie van die geskorste uitvoerende hoof ná aanleiding van die eerste verslag.
Chris Nenzani

KSA sê daar was ’n vertraging in die ontvangs van die finale verslag, maar dat hy verwag om dit volgende week te kry. Tog sal daar “beslis opgetree kan word oor die kwessie van die geskorste uitvoerende hoof ná aanleiding van die eerste verslag,” sê Chris Nenzani, KSA se president en voorsitter van die raad.

“Ek wil dit duidelik stel dat die raad die kwessie met dringendheid hanteer en dat hy daartoe verbind is om die saak onmiddellik af te handel,” sê Nenzani.

Meer oor:  Chris Nenzani  |  Thabang Moroe  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Ksa  |  Geskois  |  Besluit  |  Uitvoerende Hoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.