Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Beste spelers nog’ by T20-WB in Australië

In krieket is niks onmoontlik nie en die Proteas-vrouespan is daarom vol moed vir die T20-Wêreldbeker (T20-WB) wat van 21 Februarie tot 8 Maart in Australië beslis word.

Die Suid-Afrikaners het pas 3-1 verloor in ’n blitsreeks teen Nieu-Seeland, maar skep moed uit die feit dat die Wes-Indiese Eilande onder soortgelyke omstandighede in 2016 met hul aanslag op die toernooi begin het.

Geen span kan egter onderskat word nie, want dit vat een beurt hier of daar om die stryd te swaai.
Dané van Niekerk, kaptein van die Proteas,

Die Windies het toe pas ’n blitsreeks teen die Proteas verloor, maar desondanks die Wêreldbeker gewen.

Dané van Niekerk, kaptein van die Proteas, het gister met die span se aankoms in Australië gesê dit is bietjie teleurstellend om die toernooi met ’n reeks-verloor te begin, maar hulle is oorgehaal vir wat op hulle wag.

Suid-Afrika is in ’n groep met Engeland, Thailand, Pakistan en die Wes-Indiese Eilande geloot.

Die Proteas speel in hul eerste wedstryd in die toernooi teen Engeland, maar gaan vandag eers in ’n opwarmingswedstryd teen Sri Lanka te staan kom.

Dinsdag pak hulle die verdedigende kampioen en tuisspan, Australië, in ’n oefenwedstryd. “Ons gaan ons sterkste span kies vir albei oefenwedstryde om daardie momentum op te bou en sodat ons teen die eerste wedstryd ’n idee het van wie om te kies,” het Van Niekerk gesê.

“Daar is baie spelers in die groep wat in die Big Bash-liga gespeel het, so hulle ken die toestande goed.”

Suné Luus, veelsydige speler van die Proteas, glo dis die beste groep spelers nog wat Suid-Afrika na by die toernooi verteenwoordig. “Daar is baie selfvertroue in die kamp en hopelik kan ons wys wat in ons steek.

“Geen span kan egter onderskat word nie, want dit vat een beurt hier of daar om die stryd te swaai,” het sy gesê.

Meer oor:  Australië
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.