Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Beuran Hendricks maai onder Pakistan

Uitstekende boulwerk deur Beuran Hendricks het die Proteas Woensdag in Centurion ’n goeie kans gegee om skoonskip te maak in hul T20-reeks teen Pakistan.

Beuran Hendricks word deur sy kaptein, David Miller, gelukgewens nadat hy die paaltjie van Fakhar Zaman geëis het tydens die derde T20-wedstryd tussen Suid-Afrika en Pakistan Woensdag in Centurion. Foto: AP

Hendricks het met skitterende syfers van 4/14 in sy vier boulbeurte geëindig in die derde en laaste wedstryd in die reeks teen die beste T20-span ter wêreld.

Pakistan se telling van 168/9 behoort die Proteas nie té veel hoofbrekens te besorg nie, maar die teiken kon veel kleiner gewees het, was dit nie vir die veelsydige draaier Shadab Khan se blitzkrieg in die laaste boulbeurt nie.

Khan (22*, 8 balle; 3x6) het drie sesse in dié boulbeurt van Andile Phehlukwayo se boulwerk getimmer.

Phehlukwayo (1/41 in vier bbe.) was die held in die tweede T20-wedstryd, maar het Woensdag gesukkel.

Die teiken van 169 is nietemin redelik minder as die gemiddelde eerstebeurt-T20-telling van 181 op SuperSport-park.

Nadat die tuisspan die loot gewen en besluit het om eerste te boul, het Hendricks in die eerste boulbeurt reeds gewys sy visier is ingestel toe hy slegs een lopie afgestaan het.

Chris Morris (2/27 in vier bbe.) het Hendricks veral in die eerste paar beurte skitterend bygestaan met suinige boulwerk en het slegs sewe lopies in sy eerste twee boulbeurte afgestaan.

Benewens Khan, kon geen Pakistanse kolwer werklik ’n impak maak nie en die hoogste telling van 26, deur Mohammad Rizwan, getuig hiervan.

Meer oor:  Pakistan  |  Beuran Hendricks  |  Centurion
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.