Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
SA se Beuran Hendricks op pad na IPL

Die Suid-Afrikaanse swaaibouler Beuran Hendricks is op pad na Indië om hom by die Mumbai Indians aan te sluit.

Beuran Hendricks. Foto: Reuters

Hy sal vir die res van die reeks ’n plaasvervanger vir die beseerde Alzarri Joseph in dié Indiese Premierliga-span wees.

Die Wes-Indiese krieketspeler was ’n plaasvervanger vir die Nieu-Seelander Adam Milne.

Joseph (22) het ’n skitterende IPL-debuut gehad en teen die Sunrisers Hyderabad ses paaltjies vir 12 lopies ingeoes – die beste boulsyfers nóg in die kompetisie.

Hy kon egter in die volgende twee wedstryde nie sy goeie spel voortsit nie. Hy kon geen paaltjie neem nie en het sowat tien lopies per beurt afgestaan.

Joseph het Saterdag in die Indians se nederlaag met vyf paaltjies teen Rajasthan Royals in Jaipur sy regterarm verdraai toe hy veldwerk gedoen het.

Hendricks het in 2014 en 2015 vir die Kings XI Punjab gespeel. Hy het tien T20-wedstryde gespeel en 16 paaltjies geneem.

Die Indians is derde op die punteleer en speel Vrydag in Chennai teen die Chennai Super Kings. – Reuters

Meer oor:  Mumbai Indians  |  Beuran Hendricks  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.