Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Bfn gasheer vir beste jong krieketspelers

Die wêreldkampioen, Indië, sal in drie van die ses o.19-Wêreldbeker-krieketwedstryde in Bloemfontein in aksie wees.

Die Mangaung Oval getooi in Wêreldbeker-kleure.Foto: Mlungisi Louw

Die Groep A-spanne – Indië, Nieu-Seeland, Sri Lanka en Japan – gaan almal in Bloemfontein te sien wees, terwyl drie van die Groep D-spanne, Suid-Afrika, die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en Kanada, ook groepwedstryde daar gaan speel.

Bloemfontein, Kimberley, Potchefstroom en Benoni is die gasheerstede vir die toernooi, wat ’n 13de keer en ’n tweede keer sedert 1998 in Suid-Afrika aangebied word.

Die twee voorste spanne in die vier groepe sal tot ’n superliga deurdring, terwyl die res verder in ’n plaatkompetisie sal speel.

Potchefstroom is gasheer vir twee kwarteindstryde, albei halfeindstryde én die eindstryd.

Die VAE en Kanada speel Saterdag in die eerste wedstryd in Bloemfontein.

Indië, wat die toernooi reeds vier keer gewen het, begin die verdediging van sy titel Sondag in Bloemfontein teen Sri Lanka.

Indië speel Dinsdag in sy tweede wedstryd teen Japan, wat krieketgeskiedenis in die toernooi maak. Sri Lanka speel Woensdag in sy tweede wedstryd teen Nieu-Seeland.

Die Kiwi’s en Indië is Vrydag slaags waarna Suid-Afrika die VAE Saterdag pak.

Toegang tot die wedstryde is gratis. Reën word voorspel vir ’n paar van die wedstryde.

Bloemfontein se bepalings:

Saterdag: VAE t. Kanada

Sondag: Indië t. Sri Lanka

Dinsdag: Indië t. Japan’

Woensdag: Sri Lanka t. Nieu-Seeland

Vrydag: Indië t. Nieu-Seeland

Volgende Saterdag: Suid-Afrika t VAE

Al die wedstryde begin om 10:00.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.