Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Bitcoin, whisky lei tot Streak se ondergang
Heath Streak toe hy ’n paar jaar terug hoofafrigter van Zimbabwe was. Foto: Gallo Images

Die voormalige Zimbabwiese kaptein Heath Streak, wat deur die Internasionale Krieketraad vir agt jaar uit alle krieket geskors is vir korrupsie, het Donderdag om verskoning gevra vir sy dade en gesê hy aanvaar sy straf.

Hy het egter gesê hy het nooit probeer om enige wedstryd te beknoei nie.

Streak (47) is vroeër vandeesmaand geskors nadat hy op vyf oortredings van die IKR se teenkorrupsie-gedragskode skuldig bevind is.

Die oortredings sluit in dat hy inligting wat vir weddenskappe gebruik kon word, uitgelek het en dat hy versuim het om ’n Bitcoin-betaling van ’n moontlik korrupte bron aan die IKR se teenkorrupsie-eenheid aan te meld.

“Ek wil my familie, vriende en mede-Zimbabwiërs, wat my soveel liefde en ondersteuning gedurende my loopbaan gegee het, om verskoning vra,” het Streak in ’n verklaring gesê.

Streak het erken dat hy Bitcoin en ander geskenke ontvang het van ’n individu wat hom in 2017 genader het onder die voorwendsel dat hy ’n T20-liga in Zimbabwe tot stand wou bring.

Ek is in Bitcoin betaal om te help met die koop van spelers en die vestiging van spanne. Die enigste ander geskenke wat ek ontvang het, was ’n bottel whisky en my vrou het ’n selfoon gekry.
Heath Streak

“Ek is in Bitcoin betaal om te help met die koop van spelers en die vestiging van spanne. Die enigste ander geskenke wat ek ontvang het, was ’n bottel whisky en my vrou het ’n selfoon gekry.

“ ’n Hele paar maande nadat dít gebeur het, het die IKR dit onder my aandag gebring dat van die inligting wat ek aan die individu verskaf het (in die vestiging van die liga), moontlik gebruik is om aanlyn weddenskappe te doen.

“Ek wil dit te boek stel dat ek nie betrokke was by wedstrydknoeiery of enige gebeure in ’n wedstryd probeer beïnvloed het nie. Ek het ook geen inligting uit ’n kleedkamer gedeel gedurende ’n wedstryd nie,” het Streak gesê.

Volgens hom hoop hy dat wat hom nou oorgekom het, as ’n waarskuwing kan dien vir ander krieketlui.

Streak het tussen 1993 en 2005 in 65 toetse en 189 eendagwedstryde vir Zimbabwe gespeel.

Ná sy uittrede het hy al as hoofafrigter van Bangladesj en Zimbabwe se nasionale spanne gedien en was hy ook boulafrigter van die Kolkata Knight Riders, ’n tweemalige kampioenspan in die Indiese Premierliga. – Reuters

Meer oor:  Heath Streak  |  Zimbabwe  |  Whiskey  |  Bitcoin  |  Skorsing  |  Krieket  |  Selfoon  |  Korrupsie  |  Inligting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.