Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
BLM: Dís waarom wittes nie teken

Geen wit spelers is genader om die verklaring te onderteken waarin ’n groep van 36 voormalige swart en bruin Suid-Afrikaanse krieketspelers en afrigters hul steun aan Lungi Ngidi en die Black Lives Matter (BLM)-beweging in krieket uitspreek nie.

Geoffrey Toyana, die voormalige afrigter van die Lions. Foto: Gallo Images

Dié groep het Dinsdag tot die gesprek toegetree nadat Ngidi verlede week deur oudspelers soos Boeta Dippenaar, Pat Symcox, Rudi Steyn en Brian McMillan gekritiseer is omdat hulle meen dat Ngidi die Proteas wil dwing om die BLM-beweging te steun.

Proteas soos Herschelle Gibbs, Makhaya Ntini, Vernon Philander, Ashwell Prince, Paul Adams, JP Duminy en Charl Langeveldt het almal die verklaring onderteken.

Geoffrey Toyana, die voormalige hoofafrigter van die Lions en ook een van die 36, het Woensdag bevestig dat die afwesigheid van wit handtekeninge is omdat geen wit spelers genader is nie.

“Ons het nie enige wit spelers of afrigters genader nie, want ons het gevoel dit is ’n standpunt wat óns as die ouer generasie (swart spelers) wou inneem,” het Toyana aan Netwerk24 gesê.

Dit beteken egter nie hulle wil wit spelers en afrigters by die gesprek uitsluit nie.

Ons is vasberade dat toekomstige generasies nie die pyn moet ervaar wat ons moes deurmaak nie.
Paul Adams

“Ons staan vir gelykheid, dit is al wat ons wil hê. Dit is nie ’n aanval op enige ander ras nie. Dit staan almal vry om hul ondersteuning te toon nes hulle wil.

“Al 36 mense wat daardie verklaring onderteken het, het hul eie stories om te vertel. Dit is goed dat van daardie spelers nou na vore tree om die stories te vertel.”

Prince het byvoorbeeld sy storie in ’n Instagram-gesprek met die kommentator Pommie Mbangwa gedeel.

“Daar is mense wat kwaad is, daar is mense wat ontsteld is en dan is daar mense soos ons wat kalm is daaroor,” sê Toyana.

“Ons het reeds van ons uitdagings oorkom. Dit is ook belangrik dat wanneer ons vorentoe beweeg en op franchise- en dalk later nasionale vlak afrig, ons teen géén speler diskrimineer nie, ondanks sy ras.”

Paul Adams toe hy in 2006 vir die Proteas gespeel het. Hy sê swart spelers was jare lank die slagoffers van subtiele en openlike rassistiese gedrag. Foto: Gallo Images

Op die vraag oor waarom wit spelers nie genader is om die verklaring te onderteken nie, het die ouddraaier Adams Netwerk24 na ’n aanhaling in die verklaring verwys: “Gegewe Suid-Afrika se geskiedenis was swart spelers baie jare slagoffers van subtiele en openlike rassistiese gedrag, insluitend deur die toedoen van sekere kollegas.”

Adams sê die groep oudspelers het saamgetrek om Ngidi te ondersteun nadat hy gekritiseer is.

“Ons almal praat al dekades oor rasse-ongelykhede, diskriminasie en viktimisasie,” sê Adams.

“Ons is vasberade dat toekomstige generasies nie die pyn moet ervaar wat ons moes deurmaak nie en dat daar in die toekoms teen geen Suid-Afrikaanse krieketspeler gediskrimineer sal word nie.”

Adams sê hulle nooi nou wit en vrouespelers uit om hulle by die groep van 36 aan te sluit en morele standpunt teen rassisme in te neem.

Omar Henry, ’n voormalige Suid-Afrikaanse draaier, sê die oudspelers wat die verklaring onderteken het, “wil net ’n beter Krieket Suid-Afrika en ’n beter Suid-Afrika hê”.

Hashim Amla, wat nie die verklaring onderteken het nie, het Woensdag ’n foto van hom en Ngidi op Instagram gedeel, waarin hy sy steun aan sy voormalige spanmaat én aan die BLM-beweging toesê.

View this post on Instagram

Waking up to 100s of messages on my whatsapp is a usual occurance especially with the introduction of whatsapp groups. Most of the time it's not serious stuff but I now know that being offline for a day(for whatever reason) can throw you into a storm unwittingly. Well... here's my (latest) weather report The Black Lives Matter (BLM) campaign has relevance for everyone. Why? In the Islamic tradition it is understood that the first man, Adam (peace be upon him), was of dark skin henceforth all of humanity have deep roots to this proud heritage and should have zero qualms in being refered to as black. This make it even clearer for the person who believes in their black lineage that the imagined superiority of whites over blacks or blacks over whites, or one nationality over another, is simply delusional. Yes that's right- nothing but delusional. However many of us, including myself have bore the brunt of these delusions and have crazy stories to tell which is why it makes it even more admirable to see exceptional youngsters like @lungingidi doing his bit to represent us all. Thank you brother and all those who stand up for just causes in their own way-publically and privately. I speak for myself and those who share this belief that the end product of being racist is only self destruction and social change. There are oppressed people here in this country and the world over, of all colours and walks of life, cricket included. However the darker skinned people have had the worst of it. Some may convince themselves otherwise but you have to ask yourself - are those who know the same as those who dont know? Justice for all is the only true justice that will bring peace and anything else is sadly delusional. So why is Black Lives Matter relevant for us ?... because we are all black (to me anyway). I stand with all those who are oppressed. And I stand with @lungingidi (again). This pic is from his debut in January 2018. #bigmanbigsmile #istandwithlungi

A post shared by Hashim Amla (@hashamla) on

Intussen het Tebogo Siko, die president van die Noordelikes Krieketunie se raad, in ’n verklaring gereageer op die kritiek van die voormalige naatbouler van die Titans, Ethy Mbhalati, op Twitter oor rassisme wat hy in sy speeldae ervaar het. Mbhalati, wat in 2016 vir tien jaar uit krieket geskors is vir sy aandeel in die Ram Slam-knoeisage, het onder meer gesê swart spelers het baie minder as wit spelers verdien.

Siko sê aan die einde van Mbhalati se loopbaan was hy een van die Titans se topverdieners. Siko sê dit is belangrik dat spelers hulle teen diskriminasie kan uitspreek sonder vrees vir viktimisasie.

“Daar is nooit ’n formele klag deur Mbhalati ingedien nie, wat dit vir ons moeilik maak om op te tree,” sê Siko.

“Ons maak dit duidelik dat ons nie rassisme duld nie. Ons het nog nooit enige klagtes van rassisme gehad nie.”

Jacques Faul, KSA se waarnemende uitvoerende hoof, het die naweek aan Rapport gesê dit is dalk weer tyd om ’n transformasie-indaba te hou.

Faul het vroeër aan Netwerk24 gesê die beheerliggaam steun enige forum wat teen rassisme en diskriminasie staan. KSA is ook gekant teen alle vorme van geweld, insluitend plaasmoorde.

Faul het ook gesê die beheerliggaam respekteer alle oudspelers se reg om hul menings te lug.

Die verslag is onderteken deur die volgende oudspelers en afrigters: Makhaya Ntini, Vernon Philander, Ashwell Prince, Paul Adams, JP Duminy, Charl Langeveldt, Mfuneko Ngam, Robin Peterson, Aaron Phangiso, Justin Ontong, Herschelle Gibbs, Roger Telemachus, Wayne Parnell, Monde Zondeki, Omar Henry, Alfonso Thomas, Victor Mpitsang, Henry Davids, Loots Bosman, Henry Williams, Alviro Petersen, Thandi Tshabalala, Rory Kleinveldt, Thami Tsolekile, Dane Piedt, Garnett Kruger, Shafiek Abrahams, Lonwabo Tsotsobe, Eddie Leie, Imraan Khan, Ethy Mbhalati, Geoffrey Toyana, Wandile Gwavu, Rivash Gobind, Mandla Mashimbyi, Faiek Davids.

Meer oor:  Krieket  |  Ksa  |  Paul Adams  |  Black Lives Matter  |  Geoffrey Toyana  |  Lungi Ngidi  |  Blm
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.