Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Bloemfontein kry nuwe ‘Mzansi-span’

Die Vrystaat-streek kan binnekort met sy eie Mzansi-krieketspan spog.

Spanne van die Vrystaat (Bloemfontein) en die Grens (Oos-Londen) gaan glo in die komende seisoen in ’n nuwe Mzansi T20-reeks betrokke wees.

The Iceman oftewel Ferisco Adams is op pad na die Knights. Foto: Gallo Images

Dié nuwe reeks is glo ’n samevoeging van die Mzansi-superliga (MSL) en die plaaslike T20-uitdaagreeks en sal uit agt spanne bestaan.

Slegs ses spanne was in die eerste twee weergawes van die MSL in 2018 en 2019 betrokke.

Dit was destyds ’n verrassing toe daar aan al die franchise-spanne, buiten die sentrale streek, ’n MSL-span toegestaan is.

Die organiseerders het toe die Paarl Rocks van die Boland-streek bo ’n Bloemfonteinse span verkies.

Die nuwe reeks is oop vir bespreking kan dalk soos Australië se Big Bash-liga in die vakansietyd gedurende Desember en Januarie gespeel word.

Dit kan dalk ook teen die einde van die plaaslike seisoen net voor die Indiese Premierliga beslis word.

Die beskikbaarheid van die Proteas en ander internasionale spelers sal waarskynlik bepaal wanneer dit sal plaasvind.

’n Enkelronde van wedstryde word voorgestel en al die stadions sal glo vir die T20-wedstryde oorweeg word.

Die nuutste verwikkeling is dalk die rede waarom die Knights nog nie hul groep vir die komende seisoen bekend gemaak het nie.

Die meeste van die Knights-spelers is reeds gekontrakteer, maar die nuus van ’n nuwe T20-reeks sal beslis ’n invloed op die laaste beskikbare plekke hê.

Die Knights het in hul kontrakteringsproses nie juis op T20-spesialiste gefokus nie.

Netwerk24 het Vrydag berig dat die Lions se snelbouler Migael Pretorius, twee spelers van die Cape Cobras, die kolwer Matthew Kleinveldt en naatbouler Ferisco Adams, sowel as die Titans-naatbouler Alfred Mothoa op pad na die Rosestad is.

Noord-Kaap se kragtige kolwer Jacques Snyman is ook behou nadat daar groot belangstelling vir hom was ná sy speelkanse by die Knights.

Die kolwer Keegan Petersen en die naatbouler Ottniel Baartman gaan vir die Dolphins speel, terwyl die jong blitsbouler Marco Jansen en die draaier Tshepo Ntuli albei hulle loopbane by die Warriors sal voortsit.

Meer oor:  Mzansi-Superliga  |  Krieket  |  Msl  |  Mzansi-Krieketspan  |  Knights
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.