Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Borrelvoos’ kolwer verlaat IPL
Liam Livingstone tydens ’n Engelse netoefening op Nuweland in Kaapstad verlede jaar. Foto: Getty Images

Die Engelse kolwer Liam Livingstone het besluit genoeg is genoeg, het sy tasse gepak, en sal nie meer vir die Rajasthan Royals in die huidige Indiese Premierliga beskikbaar wees nie.

Die 27-jarige Livingstone het gesê hy is “borrelvoos” nadat hy die afgelope jaar lang tye in bioborrels moes deurbring tydens diens vir Engeland, asook in die Australiese Big Bash-reeks.

Die Royals het in ’n verklaring gesê dat hulle begrip het vir hoe Livingstone voel en dat hy met hul goedkeuring terug is huis toe.

Livingstone, wat in 2017 in twee internasionale T20-wedstryde in aksie was, het verlede maand sy debuut vir Engeland se eendagspan in Pune teen Indië gemaak.

Hy het in sy twee kolfbeurte tellings van 27* en 36 aangeteken.

Hy was einde verlede jaar ook lid van Engeland se witbalgroep vir wedstryde teen die Proteas in Kaapstad. – TeamTalk

Meer oor:  Liam Livingstone  |  Indiese Premierliga  |  T20  |  Ipl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.