Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Bouch-hulle kies dalk Rassie, Dwaine vir toets
Enoch Nkwe (hulpafrigter) en Mark Boucher, nuwe afrigter van die Protea-krieketspan. Foto: Gallo Images

Die insluiting van Rassie van der Dussen en Dwaine Pretorius kan twee van die verrassings wees wanneer die Proteas se toetsgroep Maandag in die Paarl aangewys word.

Dié groep is die eerste punt op die agenda van die Proteas se nuwe keurkomitee, wat bestaan uit Mark Boucher (afrigter), Enoch Nkwe (hulpafrigter), Faf du Plessis (kaptein) en Linda Zondi (onafhanklike keurder).

Rassie van der Dussen, top kolwer van die Lions. Foto: Gallo Images

Van der Dussen (30) het in die laaste jaar ’n gereelde keuse in die Proteas se witbalspanne geword, maar hy sal sy toetsbuiging maak as hy vir die eerste toets teen Engeland die dag ná Kersfees in Centurion gekies word.

Pretorius is ook gereeld ’n lid van die span wanneer die Proteas in groen en goud speel, maar hy wag ook steeds om sy buiging in die oudste weergawe van die spel te maak. Pretorius sal egter eers sy fiksheid moet bewys as hy in die eerste toets teen die ou vyand wil speel.

Die veelsydige speler het ’n beentjie in sy regterhand gekraak in ’n wedstryd vir die Paarl Rocks einde verlede maand. Hy is in ’n stryd teen die horlosie gewikkel om fiks te wees vir Maandag se eindstryd teen die Tshwane Spartans.

Die 30-jarige speler gaan ook waarskynlik een van die lede van die toetsgroep wees wat volgende naweek vir Suid-Afrika A teen Engeland in Benoni speel.

Ons wil die sterkste moontlike span vir SA A kies en die span weer die naasbestes in die land maak.
Graeme Smith

Graeme Smith, die Proteas se nuwe direkteur van krieket, het Saterdag op ’n nuuskonferensie waar hy Boucher, Nkwe en Zondi se aanstellings in hul nuwe poste bevestig het, gesê verskeie lede van die toetsgroep sal wel vir Suid-Afrika A speel.

“Ons wil die sterkste moontlike span vir SA A kies en die span weer die naasbestes in die land maak,” het Smith gesê. Die SA A-groep sal ook Maandag aangekondig word. Ashwell Prince is die afrigter.

Dwaine Pretorius

As Pretorius en Van der Dussen wel die beginspan op die 26ste gaan haal, kan Temba Bavuma en Theunis de Bruyn die ongelukkiges wees wat nie die paal haal nie.

Daar sal verskeie ander veranderings gemaak word aan die span wat in die derde toets teen Indië in Ranchi verloor het.

Die draaiers George Linde en Dane Piedt sal moet plek maak met die beseerde Keshav Maharaj en Vernon Philander wat van beserings af terugkeer.

Quinton de Kock, wat die beurt begin het in daardie toets, sal weer die handskoene dra en laer in die kolforde sy plek inneem.

Aiden Markram sal ook hopelik van sy handbesering herstel het en die plek van Heinrich Klaasen neem.

Moontlike Protea-beginspan:
Dean Elgar, Aiden Markram, Zubayr Hamza, Rassie van der Dussen, Faf du Plessis (k), Quinton de Kock, Dwaine Pretorius, Vernon Philander, Kagiso Rabada, Keshav Maharaj en Anrich Nortjé.


Meer oor:  Mark Boucher  |  Rassie Van Der Dussen  |  Enoch Nkwe  |  Dwaine Pretorius  |  Centurion  |  Engeland  |  Suid-Afrika  |  Krieket  |  Kolwers  |  Toets  |  Afrigter  |  Proteas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.