Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
MSLT20: Heat klop Rocks in Paarl
PAARL, SOUTH AFRICA - DECEMBER 04: Alex Hales of t
Alex Hales. Foto: Gallo Images

Die Durban Heat het Woensdagaand se Mzansi-superligawedstryd teen die Paarl Rocks in die Paarl met 6 paaltjies gewen.

Die tuisspan het danksy puik kolfwerk deur Cameron Delport (84 van 49 balle) en Faf du Plessis (66* van 36) 195/2 in hul 20 boulbeurte aangeteken.

In antwoord hierop het die Heat 197/4 in 18.5 boulbeurte aangeteken. 

Die Engelse aanvangskolwer Alex Hales was sy span se held met 97 onoorwonne lopies van 55 balle.

Hy het nege viere en vier sesse geslaan.

David Miller het hom goed ondersteun met 40 lopies. 

Tabraiz Shamsi het 2/37 ingeoes.

* ’n Mens sou wat wou gee om Dinsdagaand ’n vlieg in die Tshwane Spartans se kleedkamer te kon wees nadat verbroude vangkanse dié span gekelder het in die MSL-kragmeting met die Nelson Mandela Bay Giants in Port Elizabeth.

Die Australiër Ben Dunk is Dinsdagaand op St. Georgepark in Port Elizabeth vier keer laat val, wat hom in staat gestel het om 99 onoorwonne lopies op te stapel. Foto: Gallo Images

Dit sou egter nie vir sensitiewe siele aangenaam gewees het nie, want Mark Boucher, die Spartans-afrigter, sou beslis harde woorde laat val het oor sy span se skokkende vertoning op die veld.

Die Australiër Ben Dunk, wat ’n skitterbeurt van 99* gespeel het, is nie minder nie as vier keer laat val. Verder was daar ook talle brouwerk met die grond-veldwerk en ook die ingooie vanuit die buiteveld.

Veral met Boucher wat soveel ure se oefening insit met sy veldwerk, sal dit iets wees wat hom grensloos gegrief het en hy sou beslis nie sy spelers die roede gespaar het nie.

Hierdie nederlaag nadat hulle goed gekolf en ’n indrukwekkende 189 as teiken gestel het, plaas die Spartans nou in ’n posisie waar hulle in hul laaste twee wedstryde, albei by die huis, sal moet spook vir ’n vale om die uitspeelronde te haal.

Hulle het nou 19 ligapunte ná agt wedstryde, met die Giants en die Paarl Rocks wat albei bo-aan die puntelys is met 23 punte.

Die Durban Heat het 18 punte met twee wedstryde oor.

Die Cape Town Blitz, teen wie die Spartans Sondag in Centurion speel, is vyfde met 17 punte. 

Vir die kampioen, die Jozi Stars, is alles egter verlore, want al het hulle ook nog drie kragmetings om te speel, het hulle ná sewe wedstryde nie ’n enkele ligapunt nie.

Tog kan hulle Donderdag ’n stok in die Spartans se wiel steek in hul stryd in Centurion. Dit sal werklik ironies wees as die Pretorianers se aanspraak nou moet eindig teen die span wat tot dusver ’n nagmerrie-reeks beleef het.

Meer oor:  Mslt20  |  Mzansi-Superliga  |  Mark Boucher  |  Msl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.