Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
‘Unieke’ Quinny regte man vir die pos
Quinton de Kock vaar puik as Protea-kaptein, sê Mark Boucher. Foto: Gallo Images

Mark Boucher het altyd geweet Quinton de Kock se kapteinskap op die veld sou uitstaande wees.

Die wyse waarop De Kock homself in die kleedkamer gedra het, was toe ook vir die Protea-afrigter ’n riem onder die hart.

“Quinny, wat as die Speler van die Reeks aangewys is in sy eerste reeks as kaptein, is baie positief,” het Boucher Sondag gesê. De Kock het ’n honderdtal en ’n vyftigtal in die gedeelde reeks met Engeland aangeteken.

“Ek dink hy was baie goed. Ons het altyd geweet op die veld het Quinny ’n skerp krieketbrein. Ons het ’n paar verskillende veldplasings gesien, wat goed was. Hy het buite die boksie gedink.

“Dit is die goed weg van die veld af wat vir Quinny ’n uitdaging gaan wees en daarmee sal ons hom moet help. Quinny is uniek en sy uniekheid kan waardevol wees in ’n jong kleedkamer soos ons s’n. Hy gaan boonop net beter word.

“Weg van die veld is hy baie ontspanne en dit kan goed wees vir die jong spelers,” sê Boucher.

De Kock is as die heeltydse eendagkaptein aangewys en kan die span tot die Wêreldbeker-toernooi in 2023 in Indië aanvoer. Dit kan ’n groot taak wees om die kaptein, paaltjiewagter én aanvangskolwer te wees. Veral aangesien hy nie veel ander senior kolwers rondom hom het nie.

Maar Boucher dink dit is volhoubaar.

“Ek dink hy kan al drie doen. Baie mense het destyds die besluit bevraagteken om (MS) Dhoni as Indië se kaptein aan te wys, maar hy het ’n skitterende rekord as kaptein gehad.”

Die verskil is egter dat Dhoni, ook ’n paaltjiewagter, nie die beurt begin het nie. Maar in toetskrieket kolf De Kock ook, soos die geval met Dhoni was, in die laermiddelorde. Die 27-jarige De Kock is ook ’n kandidaat om die toetskapteinskap by Faf du Plessis oor te neem.

“Quinny geniet dit om deel van die wedstryd te wees. Soms sit hy in die kleedkamer in toetse en word geïrriteerd, want hy wil die heeltyd deel van die aksie wees.”

Meer oor:  Quinton De Kock  |  Krieket  |  Mark Boucher  |  Eendagreeks  |  Proteas  |  Engeland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.