Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Boult huis toe nadat opslagbal hom tref
Trent Boult word op die vingers geraps gedurende sy kolfbeurt in die tweede toets tussen Nieu-Seeland en Australië op die MCG.Foto: Getty Images

Die Nieu-Seelandse blitsbouler Trent Boult sal die derde kriekettoets teen Australië misloop nadat ’n opslagbal in sy kolfbeurt ’n beentjie in sy regterhand gekraak het.

Ofskoon die linkshandige blits Saterdag in die Kiwi’s se eerste beurt op sy regterhand getref is deur ’n wipbal van die Aussie Mitchell Starc, verduur hy ongemak en om dié rede sal hy nie in die derde toets in Sydney in aksie wees nie.

Die tweede toets in Melbourne het Sondag ten einde geloop, met die tuisspan wat die Swartpette met 247 lopies geklop het om die reeks van drie toetse met 2-0 te beklink.

Boult het ondanks die besering steeds in Australië se tweede kolfbeurt geboul.

Hy sal sowat vier weke buite aksie wees en Maandag met rehabilitasie begin.

“Trent Boult sal net ná die tweede toets na Nie-Seeland terugkeer nadat hy op die handskoen getref is. Hy sal sowat vier weke buite aksie wees en Maandag met rehabilitasie begin,” sê ’n woordvoerder van die span.

Daar is nog nie ’n plaasvervanger vir hom aangewys nie.

Dit was ’n bitter pil wat Boult moes sluk. Hy het Nieu-Seeland se laaste twee toetse teen Engeland en Australië weens ’n ribbesering misgeloop en pas teruggekeer na die span.

“Dis baie teleurstellende nuus en Trent is teen die grond. Hy sal ’n groot leemte in ons span laat. Dis ’n groot jammerte en ek voel regtig sleg vir sy onthalwe,” sê die Kiwi-aanvangskolwer Tom Latham. – stuff.co.nz; Sportredaksie

Meer oor:  Trent Boult  |  Mitchell Starc  |  Swartpette  |  Beseer  |  Krieket  |  Snelbouler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.