Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Boycott lees Engelse base leviete voor

Die Engelse Krieketraad (ECB) moet ophou om sy spelers te pamperlang en geld van hul salarisse aftrek as hulle die ryk Indiese Premierliga (IPL) bo hul nasionale verpligtinge stel.

So sê die voormalige Engelse kolwer Geoffrey Boycott nadat dié land se afrigter, Chris Silverwood, gesê het Engeland se spelers wie se IPL-spanne die uitkloprondes van die T20-liga haal, sal toegelaat word om die begin van die toetsreeks teen Nieu-Seeland in Junie mis te loop.

Die voormalige Engelse toetskolwer Geoffrey Boycott. Foto: Getty Images

Engeland gaan ook volhard met sy omstrede rotasiebeleid, wat ten doel het om spelers gereelde blaaskanse van veeleisende bioborrels te gee, het Silverwood gesê nadat Indië sy span met 3-1 in hul pas afgelope toetsreeks geklop het.

“Engeland het drooggemaak met sy rotasiebeleid in Indië en moet ophou om die spelers so op die hande te probeer dra,” het Boycott in ’n rubriek in die Daily Telegraph geskryf.

“Dit blyk dat die spelers vergeet het dat hulle slegs in die IPL speel danksy die feit dat hulle in die eerste plek vir Engeland goed vertoon het. So hulle is eintlik baie dank en lojaliteit aan Engeland verskuldig en behoort hul land bo alles te stel.

Ek dink spelers moet glad nie gekies word as hulle nie vir ’n hele reeks beskikbaar is nie.

“Ek sal nooit wil keer dat hulle geld verdien nie, maar dit mag nie ten koste van Engeland wees nie.”

Boycott het bygevoeg dat hy nie ’n speler sal verkwalik as hy ’n bioborrel ter wille van sy geestesgesondheid verlaat nie. “Maar ek is daarvan oortuig dat geen spelers die IPL sal verlaat omdat hulle na hul vroue, meisies of kinders verlang nie,” het die uitgesproke 80-jarige gesê.

Boycott het gesê die ECB moet fikse en gesonde spelers, wat ’n blaaskans van hul nasionale verpligtinge wil neem, finansieel penaliseer. “Trouens, ek dink spelers moet glad nie gekies word as hulle nie vir ’n hele reeks beskikbaar is nie,” het Boycott gesê met verwysing na verskeie spelers wat tydens die reeks teen Indië gekom en gegaan het.

Boycott het sy rubriek afgesluit deur na Silverwood, Tom Harrison (die ECB se uitvoerende hoof) en Ashley Giles (die ECB se direkteur van krieket) as “ons onwyse manne” te verwys. – Reuters

Meer oor:  Chris Silverwood  |  Geoffrey Boycott  |  Ecb  |  Ipl  |  Indiese Premierliga  |  Krieket  |  T20
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.