Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Mbulelo Budaza baljaar met nuwe bal
Mbulelo Budaza was vernietigend met die nuwe bal vir die Knights. Foto: Gallo Images

’n Vernietigende boulskof met die nuwe bal deur Mbulelo Budaza het die momentum aan die Knights terugbesorg nadat Neil Brand die Titans mooi op koers gehad het op die eerste dag van dié krieketspanne se meerdagstryd Sondag in Centurion.

Die Titans het deur die toedoen van Budaza van 239/4 tot 263 almal uit in duie gestort. Die besoekers sal Maandag op 23/0 op die tweede dag van die oorkruiswedstryd tussen die twee groepvoorlopers in die plaaslike reeks voortkolf.

Budaza kon nie in die oggendskof enige welslae behaal nie, maar het met 4/8 geskitter met die nuwe bal om met boulsyfers van 4/50 te eindig.

Brand (107, 221 balle, 10x4;1x6) het die tuisspan se eerste beurt uitstekend geanker voordat hy ook ’n slagoffer van die hotklou-aanvangsbouler was.

Neil Brand was die Titans se beste kolwer op die eerste dag van die meerdaagse wedstryd teen die Knights. Foto: Gallo Images

’n Dreigende vennootskap van 89 lopies om die vyfde paaltjie tussen Brand en sy kaptein, Grant Thomson (52), is deur die draaier Shaun von Berg (2/54) beëindig in die laaste boulbeurt voordat die nuwe bal geneem is.

Budaza het toe baljaar daarmee.

Die ander aanvangsbouler, Migael Pretorius (3/50), was in die oggendskof ook op sy stukke met die paaltjies van die Proteas se toetsaanvangspaar, Dean Elgar (12) en Aiden Markram (33), op sy kerfstok.

Jacques Snyman se vangskoot in die gangetjie om van Markram ontslae te raak, was een van ’n paar juweeltjies van die dag.

• Die 22-jarige Eathan Bosch was met sy eerste eersterangse honderdtal die Dolphins se kolfheld teen die Lions op die Wanderers.

Bosch het 104 op nommer sewe aangeteken in die besoekers se eerste beurt van 341/9.

Keegan Petersen (48), Marques Ackerman (48) en Khaya Zondo (44) het vroeër hul vyftigtalle net-net misgeloop.

Lutho Sipamla het met 3/53 die beste met die bal vir die Lions gevaar,

• Slegs 52 boulbeurte was weens ongure weer moontlik op Nuweland in Kaapstad waar die Cape Cobras tot op 146/3 in hul eerste beurt teen die Warriors gevorder het.

Glenton Stuurman (2/19) het die tuisspan met die paaltjies van Pieter Malan (0) en Jonathan Bird (2) vroeg op 15/2 in die knyp gehad.

Glenton Stuurman (2/19) het die tuisspan met die paaltjies van Pieter Malan (0) en Jonathan Bird (2) vroeg op 15/2 in die knyp gehad. Stuurman kon ongelukkig vir die Warriors ná ’n dyspierbesering nie sy sesde boulbeurt voltooi nie.

Isma-eel Gafieldien (44), Tony de Zorzi (54*) en die betroubare Kyle Verreynne (42*) het die vroeë skade herstel. De Zorzi en Verreynne het reeds 73 lopies om die vierde paaltjie opgestapel.

Meer oor:  Kaapstad  |  Pretoria  |  Titans  |  Meerdagreeks  |  Krieket  |  Cobras
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.