Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Buttler, Gayle moker magiese 100-talle

Dit het Woensdag sesse gereën in die vierde eendagwedstryd tussen Engeland en die Wes-Indiese Eilande in Grenada, met die besoekers wat ’n verstommende kragmeting met 29 lopies beklink het.

Die Engelse paaltjiewagter-kolwer Jos Buttler was in ’n verwoestende bui teen die Windies. Foto: Getty Images

Jos Buttler en Eoin Morgan het albei honderdtalle gemoker voordat Adil Rashid vier paaltjies in vyf balle laat kantel het om Engeland op die wenpad te kry.

Toeskouers by St. George’s moes bontstaan terwyl die spanne ’n wêreldrekord opgestel het met 46 sesse – 24 deur die Engelse en 22 deur die Windies.

Engeland het daarmee verbeter op die 23 sesse wat die Windies in die eerste kragmeting verlede week gemoker het, terwyl die gekombineerde totaal verbeter op die 38 sesse wat Indië en Australië in Bengaluru in 2013 behaal het.

Buttler het 12 sesse in sy 150 geslaan, van slegs 77 balle, met Morgan wat in vergelyking amper mak voorgekom het met sy 103 van 88 balle. Engeland het uiteindelik 418/6 in sy 50 beurte opgestapel, die hoogste beurttelling nóg in die Karibiese Eilande.

Die Windies het uitstekend te werk gegaan om die teiken te jaag met die openingskolwer Chris Gayle, wat 14 sesse geslaan het om verby die 10 000-lopiekerf in eendagkrieket te skuif, wat 162 van 97 balle behaal het.

Die tuisspan was danksy Gayle se poging vir die meeste van die wedstryd voor die verlangde lopietempo en dit wou voorkom of hulle ’n merkwaardige sege sou behaal.

Maar goeie boulwerk deur die sneller Mark Wood (4/60) en die draaier Rashid (5/85), wat die wedstryd in die 48ste beurt vir sy span beklink het, het beteken die Windies was almal uit vir 389, hul hoogste eendagtelling.

Engeland loop voor in die reeks met 2-1, met Maandag se derde kragmeting in Grenada wat uitgereën het.

Die laaste wedstryd van die reeks word Saterdag in St. Lucia beslis.

Telkaart.

Reuters


Meer oor:  Chris Gayle  |  Eendagkrieket  |  Jos Buttler
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.