Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Krieket
Bybreker Von Berg los Titans vir Knights

Die Titans-bybreekbouler Shaun von Berg, wat die Proteas se kriekettoer na Sri Lanka in 2018 meegemaak het, is op pad na die Knights.

Shaun von Berg in 2018 in aksie vir die Tshwane Spartans in die Mzansi-superliga. Foto: Gallo Images

Die 32-jarige Von Berg het die Titans by geleentheid aangevoer en is ook ’n bedrewe kolwer.

Von Berg het al vyf keer in sy loopbaan tien of meer paaltjies in ’n eersterangse wedstryd laat kantel en 21 vyftalle in sy 104 wedstryde laat kantel.

Dié draaier spog ook met vyf eersterangse honderdtalle en 20 vyftigtalle.

Daar word gesê die Knights het uiteindelik weer ’n draaier wat wedstryde vir hulle kan wen.

Die Knights se ander nuwe draaier, Luvuyo Adam van die Oostelike Provinsie, gaan hom die week al by hulle aansluit.

Hy kan vir Vrydag se T20-wedstryd teen die Lions in Kimberley oorweeg word.

Die Knights-groep tot dusver vir 2019-’20 (nog nie amptelik bevestig) is: Pite van Biljon (k), Keegan Petersen, Raynard van Tonder, Andries Gous, Pat Kruger Grant Mokoena, Gerald Coetzee, Shaun von Berg, Wandile Makwetu, Ottniel Baartman, Marco Jansen, Corné Dry, Mbulelo Budaza, Luvuyo Adam, Shadley van Schalkwyk Thando Mnyaka, Tshepo Ntuli.

Meer oor:  Shaun Von Berg  |  Titans  |  Knights
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.